Die sewende FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Spaans: Campeonato Mundial de Fútbol – Copa Jules Rimet Chile 1962; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 30 Mei tot 17 Junie 1962 in Chili aangebied. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Chili aangebied is en die derde in Suid-Amerika. Net twee jaar vroeër is die gasheer Chili deur die sterkste aardbewing ooit getref en daar is oorweg om dié toernooi na ’n ander land te skuif.
duimnael|links|upright|Die Jules Rimet-trofee waarom meegeding is 16 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1962 deelgeneem. Die spanne is in vier groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die uitklopfase deurgedring het. Die verdedigende kampioen Brasilië het die trofee gewen nadat hulle Tsjeggo-Slowakye met 3–1 in die eindstryd geklop en sodoende hul tweede wêreldbekertitel ingepalm het. Brasilië het daarmee ná Italië in 1938 as tweede span daarin geslaag om sy titel suksesvol te verdedig. Die gasheer Chili het in die derde en Joego-Slawië in die vierde plek geëindig.
Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omdat hulle nie ’n lid van FIFA was nie. Die nasionale sokkerspanne van Bulgarye en Colombia het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem.
Toewysing Chili is op 10 Junie 1956 in Lissabon deur FIFA gekies as gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1962. Ander kandidaatlande was Argentinië en Wes-Duitsland, maar Wes-Duitsland het voor die stemming hulself onttrek. Nadat die vorige twee toernooie in Europa gehuisves is, het die sokkerverenigings van die Amerikas gedreig dat die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1962 in Suid-Amerika moes plaasvind of deur hulle heeltemal geboikot sou word, soos die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938.
Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1962 Land Rondte 1 32 11
Kwalifisering Die gasheer Chili en die verdedigende kampioen Brasilië het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1962 gekwalifiseer. Van die 14 oorblywende plekke is agt vir nasionale sokkerspanne van UEFA (Europa) gereserveer en drie vir CONMEBOL (Suid-Amerika). Drie plekke is tydens uitspeelwedstryde tussen AFC (Asië) en UEFA, CAF (Afrika) en UEFA, asook tussen CONCACAF (Karibiese gebied, Noord- en Sentraal-Amerika) en CONMEBOL beslis.
Dit was die laaste Sokker-Wêreldbekertoernooi waarvoor net nationale sokkerspanne van die Amerikas en Europa gekwalifiseer het.
Kwalifiserende spanne Die volgende 16 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:
duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering: SpanVerskynings by eindstrydeAgtereenvolgende deelnamesLaaste verskyningVorige beste prestasie4de21958Naaswenner (1930)7de71958Kampioen (1958)1ste1–Debuut3de11950Groepfase (1930, 1950)1ste1–Debuut4de41958Kwarteindrondte (1954)5de31958Naaswenner (1938, 1954)5de11954Kampioen (1934, 1938)5de41958Vierde plek (1930)5de41958Groepfase (1930, 1950, 1954, 1958)2de21958Kwarteindrondte (1958)3de11950Vierde plek (1950)5de11954Kwarteindrondte (1934, 1938, 1958)5de31958Naaswenner (1934)4de11954Kampioen (1930, 1950)5de31958Kampioen (1954)
Stadions Wedstryde is in die volgende stede gespeel:
Santiago de Chile Viña del Mar Estadio Nacional Estadio Sausalito Kapasiteit: 66 660 Kapasiteit: 18 037 200px 200px Rancagua Arica Estadio Braden Copper Co. Estadio Carlos Dittborn Kapasiteit: 18 000 Kapasiteit: 17 786 200px 200px
Formaat Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1962 is oor 19 dae tussen 16 verskillende nasies oor 32 wedstryde uitgespeel. Dit het op 30 Junie 1962 met vier gelyktydige wedstryde afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Estadio Nacional in Santiago de Chile op 17 Junie met die eindstryd tussen Brasilië en Tsjeggo-Slowakye, waartydens Brasilië die Jules Rimet-trofee ingepalm het.
Kalender Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1962 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseMei/JunieWo30Do31Vr1Sa2So3Ma4Di5Wo6Do7Vr8Groep 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 |Groep 2 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 |Groep 3 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 |Groep 4 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 |UitklopfaseJunieSa9So10Ma11Di12Wo13Do14Vr15Sa16So17Uitklopfase | | bgcolor=#00cc33| 4
| bgcolor=#00cc33| 2
| bgcolor=#3399ff| 1 | bgcolor=#ffcc00| 1Legende
Groepfase Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1962 is deur 16 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 16 deelnemende spanne in vier groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel: Twee wedstrydpunte vir ’n oorwinning; Een vir ’n gelykop; geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die kwarteindrondte deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die kwarteindstrydwedstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep 1 het teen die naaswenner van Groep 2 en die wenner van Groep 2 het teen die naaswenner van Groep 1 gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.
Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n lot bepaal. Die eindstryd sou ná ’n gelykopuitslag die daaropvolgende dag herhaal word en eers daarna sou dit deur ’n lot beslis word.
Wedstryde Kwalifiseer vir die kwarteindrondte.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 18 Januarie 1962 in die Carrera Hotel in Santiago de Chile gehou.
Groepfase 16 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep 1 Land321085+35320183+54310246–223012511–61
Groep 2 duimnael|Wedstryd tussen Chili en Italië, “slag van Santiago” gedoop Land321041+35320153+24311132+13300328–60
Groep 3 Land321041+35311123–13310234–12310223–12
Groep 4 Land321082+65311143+13311123–13301217–61 Engeland het bo Argentinië geëindig weens doelverhouding.
Uitklopfase duimnael|Die halfeindstryd tussen Brasilië en Chili
Kwarteindrondte
Halfeindrondte
Klein finale (om die derde plek)
Eindstryd
Sokkerwêreldkampioen 1962
FIFA se terugwerkende ranglys In 1986 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Wêreldbekertoernooi insluitende die destydse FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger. Die ranglys vir die 1962-toernooi is soos gevolg:
duimnael|400px|Deelnemende spanne volgens ranglys:
Gasheerland Chili duimnael|Die Brasiliaanse nasionale sokkerspan wat die Sokker-Wêreldbekertrofee ingepalm het RangSpanGroep 1 3 6 5 1 0 14 5 +9 11 2 3 6 3 1 2 7 7 ±0 7 3 2 6 4 0 2 10 8 +2 8 4 1 6 3 0 3 10 7 +3 6 In die kwarteindrondte uitgeskakel 5 4 4 2 1 1 8 3 +5 5 6 1 4 2 1 1 9 7 +2 5 7 2 4 2 1 1 4 2 +2 5 8 4 4 1 1 2 5 6 −1 3 In die groepfase uitgeskakel 9 2 3 1 1 1 3 2 +1 3 10 4 3 1 1 1 2 3 −1 3 11 3 3 1 0 2 3 4 −1 2 12 1 3 1 0 2 4 6 −2 2 13 3 3 1 0 2 2 3 −1 2 14 1 3 0 1 2 5 11 −6 1 15 4 3 0 1 2 1 7 −6 1 16 2 3 0 0 3 2 8 −6 0
Meeste doele aangeteken Meeste doele aangeteken:
Rang Speler Doele 1 Flórián Albert 4 Garrincha 4 Walentin Iwanof 4 Dražan Jerković 4 Leonel Sánchez 4 Vavá 4 7 Amarildo 3 Milan Galić 3 Adolf Scherer 3 Lajos Tichy 3 Rang Speler Doele 11 Giacomo Bulgarelli 2 Ron Flowers 2 Wiktor Ponedelnik 2 Jaime Ramírez 2 Eladio Rojas 2 José Sasía 2 Uwe Seeler 2 Jorge Toro 2 Igor Tsjislenko 2
Verwysings
Verdere leesstof
Eksterne skakels
fifa.com: Chile 1962: Brazil retain crown worldcup-history.com: Chile, 1962 rsssf.com: World Cup 1962
1962 Kategorie:Geskiedenis van Chili Kategorie:Sport in 1962 Kategorie:Sokker in Suid-Amerika Kategorie:Sport in Chili