Die derde FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Frans: Coupe du Monde 1938 – France; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 4 tot 19 Junie 1938 in Frankryk aangebied. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Frankryk aangebied is en die tweede in Europa. Dit was die laaste Sokker-Wêreldbekertoernooi voor die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog wat met die Duitse Inval van Pole een jaar later begin het. Die volgende FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950 sou twaalf jaar later in Brasilië beslis word, nadat die toernooie van 1942 en 1946 weens die wêreldwye oorlog gekanselleer is.
duimnael|links|upright|Die Jules Rimet-trofee waarom meegeding is 15 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938 deelgeneem; Oostenryk het gekwalifiseer, maar dit is net drie maande voor dié toernooi met die “Anschluss” by Nazi-Duitsland ingelyf. Soos by die vorige FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934 is tydens dié toernooi geen groepfase beslis nie en dit het met die agtste eindrondte afgeskop. Die verdedigende kampioen Italië het die trofee gewen nadat hulle Hongarye met 4–2 in die eindstryd geklop en sodoende hul tweede wêreldbekertitel ingepalm het. Brasilië het in die derde en Swede in die vierde plek geëindig.
Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omdat hulle nie ’n lid van FIFA was nie. Ander groot sokkerlande soos Argentinië, Uruguay en Spanje bly uit verskeie ander redes weg. Net drie nieeuropese spanne het aan dié toernooi deelgeneem: Brasilië, Kuba en Nederlands-Indië (nou Indonesië). Dit was die laagste aantal nasionale sokkerspanne van buite die gasheer se vasteland nog.
Volgens ’n bekende legende het die Italiaanse fascistiese diktator Benito Mussolini voor die eindstryd ’n telegram aan die Italiaanse span gestuur met die boodskap “Wen of sterf!”, maar die Italiaanse speler Pietro Rava het dit later ontken en gesê:
Met die oorwinning in die Sokker-Wêreldbeker 1938 het Vittorio Pozzo die eerste afrigter geword wat twee FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooie met dieselfde nasionale span gewen het, aangesien sy Italiaanse span ook die vorige 1934-toernooi ingepalm het – ’n prestasie wat sedertdien in internasionale manssokker nog nie geëwenaar is nie.
Toewysing Frankryk is op 13 Augustus 1936 in Berlyn deur FIFA gekies as gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938. Ander kandidaatlande was Argentinië en Nazi-Duitsland.
Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938 Land Rondte 1 19 3 1
Kwalifisering Uit vrees vir ’n tweede agtereenvolgende toernooi in Europa het nóg Argentinië nóg Uruguay aan dié toernooi deelgeneem. Spanje het weggebly omdat dit deur ’n burgeroorlog verskeur is.
Dit was die eerste toernooi waar sowel die gasheer asook die verdedigende kampioen regstreeks gekwalifiseer het. Verdedigende kampioene het tot die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006 die reg op regstreekse kwalifisering geniet. Van die 14 oorblywende plekke is elf vir Europese nasionale sokkerspanne gereserveer, twee vir die Amerikas en een vir Asië.
Oostenryk het suksesvol vir dié toernooi gekwalifiseer, maar dié land is net drie maande later tydens die “Anschluss” by Nazi-Duitsland ingelyf en die nasionale sokkerspan moes by die “Groot-Duitse nasionale sokkerspan” aansluit. Letland was naaswenner in Oostenryk se groep van kwalifisering, maar dit is nie genooi om by dié toernooi deel te neem nie. FIFA het Engeland genooi om die leë plek in te neem, maar hulle het geweier. As gevolg hiervan het Oostenryk se teenstander Swede in die agtste eindrondte sonder wedstrydbeslissing vir die kwarteindrondte gekwalifiseer.
Kwalifiserende spanne Die volgende 16 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:
duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering: SpanVerskynings by eindstrydeAgtereenvolgende deelnamesLaaste verskyningVorige beste prestasie3de31934Agtste eindrondte (1934)3de31934Agtste eindrondte (1934)3de31934Agtste eindrondte (1934)2de21934Kwarteindrondte (1934)2de21934Kampioen (1934)1ste1–Debuut2de21934Derde plek (1934)2de21934Agtste eindrondte (1934) Nederlands-Indië1ste1–Debuut1ste1–Debuut2de21934Vierde plek (1934)1ste1–Debuut3de31934Agtste eindrondte (1934)2de21934Kwarteindrondte (1934)2de21934Kwarteindrondte (1934)2de21934Naaswenner (1934)
Stadions Wedstryde is in die volgende stede gespeel:
Parys Marseille Lyon Stade Olympique de Colombes Parc des Princes Stade Vélodrome Stade de Gerland(die enigste beplande wedstryd is gekanselleer) Kapasiteit: 60 000 Kapasiteit: 48 712 Kapasiteit: 48 000 Kapasiteit: 40 500 200px 200px 200px 200px Toulouse Bordeaux Stade Chapou Parc Lescure Kapasiteit: 35 472 Kapasiteit: 34 694 200px 200px Straatsburg Le Havre Stade de la Meinau Stade Municipal Kapasiteit: 30 000 Kapasiteit: 22 000 200px 200px Reims Lille Antibes Vélodrome Municipal Stade Victor Boucquey Stade du Fort Carré Kapasiteit: 21 684 Kapasiteit: 15 000 Kapasiteit: 7 000 200px 200px 200px
Formaat Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938 is oor 16 dae tussen 16 verskillende nasies oor 19 wedstryde uitgespeel. Dit het op 4 Junie 1938 op die Parc des Princes in Parys met ’n wedstryd tussen Switserland en Nazi-Duitsland afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Stade Olympique de Colombes in Parys op 19 Junie met die eindstryd tussen Italië en Hongarye, waartydens die verdedigende kampioen die Jules Rimet-trofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934 ingespan.
Kalender Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938 se daaglikse program aan. ’n Groen blokkie dui op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n kakie blokkie op beide die bronseindstryd en die eindstryd wat op dieselfde dag beslis is.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiUitklopfaseJunieSa4So5Ma6Di7Wo8Do9Vr10Sa11So12Ma13Di14Wo15Do16Vr17Sa18So19Uitklopfase | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 7
| bgcolor=#00cc33| 2
| bgcolor=#00cc33| 4 | | bgcolor=#00cc33| 1 | | bgcolor=#00cc33| 2
| bgcolor=#c3b091| 2Legende
Uitklopfase Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938 het direk met die uitklopfase afgeskop en dit het uit 19 wedstryde bestaan: agt agtste eindstryde, vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derde-plek-wedstryd en die eindstryd. Buitendien was daar drie herhalingswedstryde.
Vir die agste eindrondte was daar agt vaste spanne wat glo die toernooi se sterkste spanne was. Hulle was: Brasilië, Frankryk, Italië, Kuba, Nazi-Duitsland, Oostenryk, Tsjeggo-Slowakye en Hongarye. Vir elkeen van hierdie agt spanne is ’n teenstander getrek. In die daaropvolgende rondte het die wenner van wedstryd een teen die wenner van wedstryd twee te staan gekom.
Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wedstryd die volgende dag herhaal.
Wedstryde Uitklopfase duimnael|Die agtste eindstryd tussen Brasilië en Pole duimnael|Die kwarteindstryd tussen Frankryk en Italië duimnael|Giuseppe Meazza (Italië), skeidsregter Georges Capdeville en György Sárosi (Hongarye) voor die afskop van die eindstryd Die loting is op 5 Maart 1938 in die Salon d'Horloge in Parys gehou.
Agtste eindrondte
Herhalings
Kwarteindrondte
Herhaling
Halfeindrondte
Klein finale (om die derde plek)
Eindstryd
Sokkerwêreldkampioen 1938
FIFA se terugwerkende ranglys In 1986 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Wêreldbekertoernooi insluitende die destydse FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger. Die ranglys vir die 1938-toernooi is soos gevolg:
duimnael|400px|Deelnemende spanne volgens ranglys:
Gasheerland Frankryk RangSpan 1 4 4 0 0 11 5 +6 8 2 4 3 0 1 15 5 +10 6 3 4 2 1 1 14 11 +3 5 4 3 1 0 2 11 9 +2 2 In die kwarteindrondte uitgeskakel 5 2 1 1 0 5 3 +2 3 6 2 1 0 1 4 4 ±0 2 7 2 0 1 1 1 3 −2 1 8 2 0 1 1 3 11 −8 1 In die agtste eindrondte uitgeskakel 9 1 0 1 0 3 3 ±0 1 10 1 0 1 0 1 1 ±0 1 11 1 0 0 1 5 6 −1 0 12 1 0 0 1 1 2 −1 0 13 1 0 0 1 1 3 −2 0 14 1 0 0 1 0 3 −3 0 15 22px Nederlands-Indië 1 0 0 1 0 6 −6 0
Meeste doele aangeteken Meeste doele aangeteken:
Rang Speler Doele 1 Leônidas 7 2 Silvio Piola 5 György Sárosi 5 Gyula Zsengellér 5 5 Gino Colaussi 4 Ernst Wilimowski 4 7 André Abegglen 3 Harry Andersson 3 Arne Nyberg 3 José Perácio 3 Romeu Pellicciari 3 Héctor Socorro 3 Gustav Wetterström 3 14 Ștefan Dobay 2 Oldřich Nejedlý 2 Jean Nicolas 2 Pál Titkos 2 18 Henri Isemborghs 1 Roberto 1 Tomás Fernández 1 José Magriñá 1 Rang Speler Doele 18 Vlastimil Kopecký 1 Josef Košťálek 1 Josef Zeman 1 Oscar Heisserer 1 Émile Veinante 1 Josef Gauchel 1 Wilhelm Hahnemann 1 Vilmos Kohut 1 Géza Toldi 1 Pietro Ferraris 1 Giuseppe Meazza 1 Arne Brustad 1 Friedrich Scherfke 1 Iuliu Baratky 1 Alfred Bickel 1 Eugène Walaschek 1 Sven Jonasson 1 Tore Keller 1 Ernest Lörtscher ED duimnael|upright|Leônidas
Sien ook FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998
Verwysings
Verdere leesstof
Eksterne skakels
fifa.com: France 1938: Azzurri retain crown worldcup-history.com: France, 1938 rsssf.com: World Cup 1938
1938 Kategorie:Geskiedenis van Frankryk Kategorie:Sokkerkompetisies in Frankryk Kategorie:Sport in 1938