Die tweede FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Italiaans: Campionato Mondiale di Calcio – Italia ’34; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 27 Mei tot 10 Junie 1934 in Italië aangebied. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Europa en Italië aangebied is. Die Koninkryk Italië onder Benito Mussolini se fascistiese bewind het dié toernooi as ’n geleentheid misbruik om sy ideologie en propaganda vir sy beleid oor die hele wêreld uit te saai. Verder is die gasheer se regering van inmenging en korrupsie beskuldig.
duimnael|links|upright|Die Jules Rimet-trofee waarom meegeding is 16 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934 deelgeneem. Tydens dié toernooi is geen groepfase beslis nie en dit het met die agtste eindrondte afgeskop. Een vermeende sterker span het teen een swakker span elk gespeel. Italië het die trofee gewen nadat hulle Tsjeggo-Slowakye met 2–1 in die eindstryd geklop en sodoende hul eerste wêreldbekertitel ingepalm het. Nazi-Duitsland het in die derde en Oostenryk in die vierde plek geëindig.
Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omdat hulle nie ’n lid van FIFA was nie. Die verdedigende kampioen en vorige gasheer Uruguay het uit protes vir die min Europese deelname tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1930 nie aan hierdie toernooi deelgeneem nie, as gevolg daarvan was dit die enigste Sokker-Wêreldbekertoernooi waaraan ’n verdedigende kampioen nie deelgeneem het nie.
Toewysing Italië is op 14 Mei 1932 in Stockholm deur FIFA gekies as gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934. Die enigste ander kandidaat was Swede, maar hulle het hulself voor die stemming onttrek.
Kwalifisering Dit was die eerste FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi waarvoor deelnemende spanne ’n kwalifisering beslis het. Van die 16 plekke is twaalf vir Europese nasionale sokkerspanne gereserveer, drie vir die Amerikas en een vir Asië. 36 nasies het aansoek gedoen om aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934 deel te neem en tydens die kwalifisering is die aantal deelnemende nasies op 16 verminder. Dit was die enigste keer wat die gasheer aan die kwalifisering moes deelneem en nie regstreeks vir die toernooi gekwalifiseer het nie. Die kwalifiseringrondtes is volgens geografiese liggings gerangskik. Chili en Peru het hulleself aan die kwalifisering onttrek, waarvolgens Argentinië en Brasilië sonder enige wedstryd gekwalifiseer het. Die Britse tuislande Engeland en Skotland het FIFA se aansoek vir deelname verwerp en die toernooi as minder belangrik as hul eie kampioenskappe beskou.
Kwalifiserende spanne Die volgende 16 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:
duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering: SpanVerskynings by eindstrydeAgtereenvolgende deelnamesLaaste verskyningVorige beste prestasie2de21930Naaswenner (1930)2de21930Groepfase (1930)2de21930Groepfase (1930)1ste1–Debuut2de21930Groepfase (1930)1ste1–Debuut1ste1–Debuut1ste1–Debuut1ste1–Debuut1ste1–Debuut2de21930Groepfase (1930)1ste1–Debuut1ste1–Debuut1ste1–Debuut1ste1–Debuut2de21930Derde plek (1930)
Stadions Wedstryde is in die volgende stede gespeel:
Bologna Florence Genua Milaan Stadio Littoriale Stadio Giovanni Berta Stadio Luigi Ferraris Stadio San Siro Kapasiteit: 38 279 Kapasiteit: 47 290 Kapasiteit: 36 703 Kapasiteit: 55 000 200px 200px 200px 200px Napels Rome Stadio Giorgio Ascarelli Stadio Nazionale PNF Kapasiteit: 40 000 Kapasiteit: 47 300 200px 200px Triëst Turyn Stadio Littorio Stadio Benito Mussolini Kapasiteit: 8 000 Kapasiteit: 28 140 200px 200px
Formaat Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934 is oor 15 dae tussen 16 verskillende nasies oor 17 wedstryde uitgespeel. Dit het op 27 Mei 1934 op die Stadio Luigi Ferraris in Genua met ’n wedstryd tussen Spanje en Brasilië afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Stadio Nazionale PNF in Rome op 10 Junie met die eindstryd tussen Italië en Tsjeggo-Slowakye, waartydens die gasheer die Jules Rimet-trofee ingepalm het.
Kalender Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934 se daaglikse program aan. ’n Groen blokkie dui op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiUitklopfaseMei/JunieSo27Ma28Di29Wo30Do31Vr1Sa2So3Ma4Di5Wo6Do7Vr8Sa9So10Uitklopfase | bgcolor=#00cc33| 8
| bgcolor=#00cc33| 4 | bgcolor=#00cc33| 1 | | bgcolor=#00cc33| 2
| bgcolor=#3399ff| 1
| bgcolor=#ffcc00| 1Legende
Uitklopfase Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934 het direk met die uitklopfase afgeskop en dit het uit 17 wedstryde bestaan: agt agtste eindstryde, vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derde-plek-wedstryd en die eindstryd. Buitendien was daar ’n herhalingswedstryd.
Vir die agste eindrondte was daar agt vaste spanne wat glo die toernooi se sterkste spanne was. Hulle was: Argentinië, Brasilië, Italië, Nazi-Duitsland, Nederland, Oostenryk, Tsjeggo-Slowakye en Hongarye. Vir elkeen van hierdie agt spanne is ’n teenstander getrek. In die daaropvolgende rondte het die wenner van wedstryd een teen die wenner van wedstryd twee te staan gekom.
Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wedstryd die volgende dag herhaal.
Wedstryde Uitklopfase duimnael|Die agtste eindstryd tussen Swede en Argentinië duimnael|Gianpiero Combi (Italië), skeidsregter Ivan Eklind en František Plánička (Tsjeggo-Slowakye) voor die afskop van die eindstryd duimnael|Angelo Schiavio teken die wendoel vir Italië teen Tsjeggo-Slowakye aan Die loting is op 1 Mei 1934 in die Ambasciatori Palace Hotel in Rome gehou.
Agtste eindrondte
Kwarteindrondte
Herhaling
Halfeindrondte
Klein finale (om die derde plek)
Eindstryd
Sokkerwêreldkampioen 1934
FIFA se terugwerkende ranglys In 1986 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Wêreldbekertoernooi insluitende die destydse FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger. Die ranglys vir die 1934-toernooi is soos gevolg:
duimnael|400px|Deelnemende spanne volgens ranglys:
Gasheerland Italië RangSpan 1 4 3 1 0 11 3 +8 7 2 4 3 0 1 9 6 +3 6 3 4 3 0 1 11 8 +3 6 4 4 2 0 2 7 7 ±0 4 In die kwarteindrondte uitgeskakel 5 2 1 1 0 4 2 +2 3 6 2 1 0 1 5 4 +1 2 7 2 1 0 1 5 5 ±0 2 8 2 1 0 1 4 4 ±0 2 In die agtste eindrondte uitgeskakel 9 1 0 0 1 2 3 −1 0 1 0 0 1 2 3 −1 0 1 0 0 1 2 3 −1 0 12 1 0 0 1 1 2 −1 0 13 1 0 0 1 2 4 −2 0 14 1 0 0 1 1 3 −2 0 15 1 0 0 1 2 5 −3 0 16 1 0 0 1 1 7 −6 0
Meeste doele aangeteken Meeste doele aangeteken:
Rang Speler Doele 1 Oldřich Nejedlý 5 2 Edmund Conen 4 Angelo Schiavio 4 4 Leopold Kielholz 3 Raimundo Orsi 3 6 Abdulrahman Fawzi 2 Giovanni Ferrari 2 Karl Hohmann 2 Johann Horvath 2 Sven Jonasson 2 José Iraragorri 2 Ernst Lehner 2 Giuseppe Meazza 2 Antonín Puč 2 Géza Toldi 2 Bernard Voorhoof 2 17 Ernesto Belis 1 Alberto Galateo 1 Josef Bican 1 Anton Schall 1 Karl Sesta 1 Matthias Sindelar 1 Karl Zischek 1 Rang Speler Doele 17 Leônidas 1 Jiří Sobotka 1 František Svoboda 1 Isidro Lángara 1 Luis Regueiro 1 Jean Nicolas 1 Georges Verriest 1 Stanislaus Kobierski 1 Rudolf Noack 1 Otto Siffling 1 Kick Smit 1 Leen Vente 1 György Sárosi 1 Pál Teleki 1 Jenő Vincze 1 Enrique Guaita 1 Ștefan Dobay 1 André Abegglen 1 Willy Jäggi 1 Gösta Dunker 1 Knut Kroon 1 Aldo Donelli 1 duimnael|upright|Oldřich Nejedlý
Sien ook FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990
Verwysings
Verdere leesstof
Eksterne skakels
fifa.com: Italy 1934: More host glory worldcup-history.com: Italy, 1934 rsssf.com: World Cup 1934
1934 Kategorie:Geskiedenis van Italië Kategorie:Sokkerkompetisies in Italië Kategorie:Sport in 1934