Die negende FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Spaans: Copa Mundial de Fútbol – México 70; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 31 Mei tot 21 Junie 1970 in Meksiko aangebied. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Meksiko aangebied is en die eerste in Noord-Amerika. Ná die Olimpiese Somerspele 1968 in Meksikostad was die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970 die tweede groot sportkompetisie in Meksiko.

duimnael|links|upright|Die Jules Rimet-trofee waarom meegeding is 16 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970 deelgeneem. Die spanne is in vier groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die uitklopfase deurgedring het. Die tweemalige kampioen Brasilië het die trofee gewen nadat hulle Italië, ’n ander tweemalige kampioen, met 4–1 in die eindstryd geklop en sodoende hul derde wêreldbekertitel ingepalm het. Brasilië kon daarmee die Jules Rimet-trofee permanent behou en met die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974 is ’n nuwe trofee bekend gestel. Wes-Duitsland het in die derde en Uruguay in die vierde plek geëindig. Beide die verdedigende kampioen Engeland en die gasheer Meksiko is in die kwarteindrondte uitgeskakel.

Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omdat hulle nie ’n lid van FIFA was nie. Die nasionale sokkerspanne van El Salvador, Israel en Marokko het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem.

Toewysing Meksiko is op 8 Oktober 1964 in Tokio deur FIFA gekies as die gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970. Die enigste ander kandidaatland was Argentinië.

Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970 Land Rondte 1 56 32

Kwalifisering

Die gasheer Meksiko en die verdedigende kampioen Engeland het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970 gekwalifiseer. Van die 14 oorblywende plekke is agt vir nasionale sokkerspanne van UEFA (Europa) gereserveer, drie vir CONMEBOL (Suid-Amerika), asook een elk vir CAF (Afrika) en CONCACAF (Karibiese gebied, Noord- en Sentraal-Amerika). Een plek is tydens ’n uitspeelwedstryd tussen AFC (Asië) en OFC (Oseanië) beslis.

Noemenswaardige lande wat nie kon kwalifiseer nie sluit in Argentinië, tot dusver die enigste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat hulle misgeloop het, nadat hulle ’n verrassende nederlaag teen Peru gely het.

El Salvador se oorwinning teen Honduras in die beslissende wedstryd het die Sokkeroorlog tussen albei lande tot gevolg gehad, waarin meer as 2 000 mense dood is. El Salvador het vir die eerste keer aan ’n sokkerWêreldbekertoernooi deelgeneem.

Kwalifiserende spanne Die volgende 16 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:

duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering: SpanVerskynings by eindstrydeAgtereenvolgende deelnamesLaaste verskyningVorige beste prestasie5de11954Agtste eindrondte (1934, 1938)9de91966Kampioen (1958, 1962)3de31966Groepfase (1962, 1966)1ste1–Debuut6de61966Kampioen (1966)1ste1–Debuut7de31966Kampioen (1934, 1938)1ste1–Debuut7de61966Groepfase (1930, 1950, 1954, 1958, 1962, 1966)2de11930Groepfase (1930)4de11938Agtste eindrondte (1934, 1938)4de41966Vierde plek (1966)5de11958Naaswenner (1958)6de11962Naaswenner (1934, 1962)6de31966Kampioen (1930, 1950)7de51966Kampioen (1954)

Stadions Wedstryde is in die volgende stede gespeel:

MeksikostadEstadio Azteca<small>Kapasiteit: 110 000950px Guadalajara Puebla de Zaragoza Estadio Jalisco Estadio Cuauhtémoc <small> <small> Kapasiteit: 71 100 Kapasiteit: 35 563 200px 200px León Toluca Estadio Nou Camp Estadio Luis Dosal <small> <small> Kapasiteit: 23 609 Kapasiteit: 26 900 200px 200px

Formaat Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970 is oor 22 dae tussen 16 verskillende nasies oor 32 wedstryde uitgespeel. Dit het op 31 Mei 1970 op die Estadio Azteca in Meksikostad met ’n wedstryd tussen die gasheer Meksiko en Sowjetunie afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 21 Junie met die eindstryd tussen Brasilië en Italië, waartydens Brasilië die Jules Rimet-trofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooie in 1962 en 1966 ingespan.

Kalender Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseMei/JunieSo31Ma1Di2Wo3Do4Vr5Sa6So7Ma8Di9Wo10Do11Groep 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1Groep 2

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1Groep 3

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1Groep 4

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1UitklopfaseJunieVr12Sa13So14Ma15Di16Wo17Do18Vr19Sa20So21Uitklopfase

| bgcolor=#00cc33| 4

| bgcolor=#00cc33| 2

| bgcolor=#3399ff| 1 | bgcolor=#ffcc00| 1Legende

Groepfase Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970 is deur 16 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 16 deelnemende spanne in vier groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel: Twee wedstrydpunte vir ’n oorwinning; Een vir ’n gelykop; geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die kwarteindrondte deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.

Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die kwarteindstrydwedstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep 1 het teen die naaswenner van Groep 2 en die wenner van Groep 2 het teen die naaswenner van Groep 1 gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n lot bepaal. Die eindstryd sou ná ’n gelykopuitslag die daaropvolgende dag herhaal word en eers daarna sou dit deur ’n lot beslis word.

Wedstryde Kwalifiseer vir die kwarteindrondte.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 10 Januarie 1970 in die Maria Isabel Sheraton Hotel in Meksikostad gehou.

Groepfase 16 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep 1 Land321061+55321050+55310245–12300309–90

Groep 2 Land312010+14311121+13311122±03302113–22

Groep 3 Land330083+56320121+14310245–12300327–50

Groep 4 Land3300104+66320175+24301259–41301226–41

Uitklopfase duimnael|Pelé vier saam met die Brasiliaanse sokkerspan nadat hulle die sokkerwêreldbeker gewen het

Kwarteindrondte

Halfeindrondte

Klein finale (om die derde plek)

Eindstryd

Sokkerwêreldkampioen 1970

FIFA se terugwerkende ranglys In 1986 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Wêreldbekertoernooi insluitende die destydse FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger. Die ranglys vir die 1970-toernooi is soos gevolg:

duimnael|400px|Deelnemende spanne volgens ranglys:

Gasheerland Meksiko duimnael|Die Brasiliaanse nasionale sokkerspan wat die Sokker-Wêreldbekertrofee ingepalm het RangSpanGroep 1 3 6 6 0 0 19 7 +12 12 2 2 6 3 2 1 10 8 +2 8 3 4 6 5 0 1 17 10 +7 10 4 2 6 2 1 3 4 5 −1 5 In die kwarteindrondte uitgeskakel 5 1 4 2 1 1 6 2 +4 5 6 1 4 2 1 1 6 4 +2 5 7 4 4 2 0 2 9 9 ±0 4 8 3 4 2 0 2 4 4 ±0 4 In die groepfase uitgeskakel 9 2 3 1 1 1 2 2 ±0 3 10 1 3 1 0 2 4 5 −1 2 11 3 3 1 0 2 4 5 −1 2 12 2 3 0 2 1 1 3 −2 2 13 4 3 0 1 2 5 9 −4 1 14 4 3 0 1 2 2 6 −4 1 15 3 3 0 0 3 2 7 −5 0 16 1 3 0 0 3 0 9 −9 0

Meeste doele aangeteken Meeste doele aangeteken:

Rang Speler Doele 1 Gerd Müller 10 2 Jairzinho 7 3 Teófilo Cubillas 5 4 Anatolij Bysjowets 4 Pelé 4 6 Rivelino 3 Luigi Riva 3 Uwe Seeler 3 Rang Speler Doele 9 Gianni Rivera 2 Raoul Lambert 2 Florea Dumitrache 2 Ladislav Petráš 2 Wilfried Van Moer 2 Alberto Gallardo 2 Javier Valdivia 2 Roberto Boninsegna 2 Tostão 2 duimnael|upright|Gerd Müller

Sien ook FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026, saam met Kanada en die Verenigde State

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

fifa.com: Mexico 1970: Three for Brazil, Pele worldcup-history.com: Mexico, 1970 rsssf.com: World Cup 1970

1970 Kategorie:Geskiedenis van Meksiko Kategorie:Sokkerkompetisies in Meksiko Kategorie:Sport in 1970