Lena Meyer-Landrut (Hannover, 23 Mei 1991), ook bekend onder haar verhoognaam Lena, is 'n Duitse sangeres. Sy het die 55ste Eurovision-sangfees in 2010, wat in die Noorse hoofstad Oslo gehou is, met haar lied Satellite vir Duitsland gewen.

Lena het met drie liedjies aan die nasionale finale rondte van die Eurovision-sangfees deelgeneem en 'n rekord in haar tuisland behaal nadat sy met al drie liedjies onder die top-vyf van die Duitse trefferlys was. Satellite het in April 2010 vir twee weke die nommer-1-posisie bereik en drievoudige goud en platinum gehaal.www.musikindustrie.de/Gold-Platin-Datenbank Ook haar eerste album, My Cassette Player, wat in Mei 2010 vrygestel is, het onmiddellik die nommer-1-posisie in Duitsland se album-trefferlys bereik.

Enkelspelers Jaar Titel Hoogste posisieBronne: musicline.de , austriancharts.at en swisscharts.com Opmerking Duitsland Oostenryk Switserland2010 Satellite 1 2 2 Duitsland: 640 000+ (5x goud) Bee 3 26 27 Love Me 4 28 39 Touch A New Day 13 262011 Taken By A Stranger 2 18 29 What A Man 212012 Stardust 2 14 74 Duitsland: 150 000+ (1x goud)2013 Neon (Lonely People) 38 Mr. Arrow Key 46

Verwysings

Eksterne skakels

Lena Meyer-Landrut fan site – about 200 Photos available for download

Kategorie:Duitse sangers Kategorie:Eurovision-sangfeeswenners Kategorie:Geboortes in 1991 Kategorie:Lewende mense