Hierdie artikel handel oor die manssokkertoernooi. Vir die artikel oor die vrouesokkertoernooi, sien Vrouesokkerwêreldbeker.
Die FIFA Sokker-Wêreldbeker (Engels: FIFA World Cup) is 'n sokkerwêreldkampioenskapstoernooi wat al om die vier jaar tussen internasionale mansspanne (wat lede van FIFA is) beslis word. Die toernooi is gereeld al om die vier jaar aangebied sedert dit vir die eerste keer in 1930 in Uruguay beslis is, met die uitsondering van 1942 en 1946 toe dit weens die Tweede Wêreldoorlog nie kon plaasvind nie. Die huidige verdedigende wêreldkampioen is Spanje wat die 2026-toernooi in Kanada, Meksiko en die Verenigde State gewen het.
duimnael|links|upright|Die FIFA Sokker-Wêreldbekertrofee waarom sedert 1974 meegeding word duimnael|upright|Die Jules Rimet-trofee waarom van 1930 tot 1970 meegeding is Die huidige formaat van die kampioenskap behels 48 spanne wat om die titel meeding in stadions van die gasheerland(e) oor 'n periode van ongeveer meer as een maand. Hierdie fase word gewoonlik die Wêreldbekereindrondte of Wêreldbekerfinale genoem. Die kwalifiserende fase vind oor 'n periode van twee jaar voor die afskop plaas waartydens besluit word watter spanne kwalifiseer. Die gasheerland(e) kry sedert 1938 'n outomatiese plasing; slegs die gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934, Italië, moes aan die destydse kwalifisering deelneem. Die verdedigende kampioen het van 1938 tot 2006 ook die reg van regstreekse kwalifisering geniet. Interessant genoeg was die verdedigende kampioen nooit die gasheer van die volgende toernooi nie, dus was daar altyd minstens twee spanne wat regstreeks gekwalifiseer het.
Oor die 22 toernooie wat tot dusver aangebied is, het agt lande reeds die titel ingepalm. Brasilië het 'n rekord vyf keer gewen en is ook die enigste span wat tot dusver aan al die toernooie deelgeneem het. Duitsland en Italië het elk vier keer gewen. Die ander wenners sluit in Argentinië met drie titels, Frankryk, Spanje en Uruguay met twee titels elk, en Engeland met een titel. Ander lande wat gereeld meeding soos België, Meksiko en Nederland kon nog nie daarin slaag om die beker in te palm nie. Tot dusver het slegs spanne uit Europa en Suid-Amerika met die trofee weggestap.
Die toernooie word as die sportbyeenkoms met die meeste kykers ter wêreld beskou met ongeveer 715,1 miljoen mense wat in 2006 na die eindwedstryd in Duitsland gekyk het. Die suksesvolste toernooi tot dusver was die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1994 in die Verenigde State met 'n bywoning van amper 69 000 toeskouers per wedstryd.
Die volgende wêreldbekertoernooi sal met die eeufeesviering in 2030 nes die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1930 weer in Montevideo plaas, waarna die toernooi na Marokko, Portugal en Spanje verskuif.
Uitslae JaarLand(e)FinaleDerde plekWennerTellingTweede plekDerde plekTellingVierde plekDeelnemende lande1930Oorsig 4:2 13 1934Oorsig 2:1 e. T. 3:2 16 1938Oorsig 4:2 4:2 16 1950Oorsig 2:1 3:1 13/16 1954Oorsig 3:2 3:1 16 1958Oorsig 5:2 6:3 16 1962Oorsig 3:1 1:0 16 1966Oorsig 4:2 e. T. 2:1 16 1970Oorsig 4:1 1:0 16 1974Oorsig 2:1 1:0 16 1978Oorsig 3:1 e. T. 2:1 16 1982Oorsig 3:1 3:2 24 1986Oorsig 3:2 4:2 e. T. 24 1990Oorsig 1:0 2:1 24 1994Oorsig 0:0 e. T.<small>3:2 n. S.</small> 4:0 24 1998Oorsig 3:0 2:1 32 2002Oorsig 2:0 3:2 32 2006Oorsig 1:1 e. T.<small>5:3 n. S.</small> 3:1 32 2010Oorsig 1:0 e. T. 3:2 32 2014Oorsig 1:0 e. T. 3:0 32 2018Oorsig 4:2 2:0 32 2022Oorsig 3:3 e. T.<small>4:2 n. S.</small> 2:1 32 2026Oorsig 1:0 e. T. 6:4 48 2030OorsigGashere vir die drie openingswedstryde: 48 2034Oorsig 48
Statistiek duimnael|400px|Beste uitslae van deelnemende lande Plek Land Titel Wêreldbeker 1 5 1958, 1962, 1970, 1994, 2002 2 4 1954, 1974, 1990, 2014 4 1934, 1938, 1982, 2006 4 3 1978, 1986, 2022 5 2 2010, 2026 2 1998, 2018 2 1930, 1950 8 1 1966
Eerste deelnames 1930 1934 1938 Indonesië 1950 1954 1958 1962 1966 1970 1974 1978 1982 1986 1990 1994 1998 2002 2006 2010 2014 2018 2022 2026 2030 n.v.t. 2034 n.v.t.
Trivia StellingSpelerSpanPeriodeMeeste deelnames1930 – hede (het aan al die toernooie deelgeneem)Meeste doelpunte aangetekenKylian Mbappé (22 doele)2018–2026Meeste doelpunte aangeteken tydens 'n WêreldbekerJust Fontaine (13 doele)1958
Sien ook Sokker-Konfederasiebeker Vrouesokkerwêreldbeker
Verwysings
Bronnelys
Eksterne skakels
Amptelike webwerf Geskiedenis van die FIFA Sokker-Wêreldbeker