duimnael|links|Hoofsekretaris Sepp Blatter en president João Havelange in April 1982, net voor die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982 Joseph "Sepp" Blatter (gebore op 10 Maart 1936 in Visp, Valais, Switserland) is 'n Switserse voormalige sportbestuurder. Hy het vanaf 8 Junie 1998 tot 26 Februarie 2016 as agste president van die FIFA-wêreldsokkerbond gedien.

Blatter is in Visp in Switserland gebore en het aan die Universiteit van Lausanne studeer. Op 8 Junie 1998 is hy as FIFA se agste president verkies en volg die vorige president, die Brasiliaanse João Havelange, in die posisie op. Hy is daarna in 2002, 2007, 2011 FIFA.com, About the President ; besoek op 21 Augustus 2012. en 2015 herverkies. Dae na sy verkiesing kondig hy op 2 Junie 2015 sy bedanking, weens korrupsie-beskuldigings teen hom, aan. Sepp Blatter to resign as Fifa president, The Guardian, 3 Junie 2015 Op 8 Oktober 2015 is hy saam met ander hooggeplaaste FIFA-amptenare (hangende 'n ondersoek) geskors en op 21 Desember 2015 uit FIFA verban.

Verwysings

Eksterne skakels

Blatter op die FIFA-webwerf

Kategorie:FIFA Kategorie:Switserse sportlui Kategorie:Geboortes in 1936 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Switserse ekonome