Inverness (uitgespreek /ɪnvərˈnɛs/; Skots-Gaelies: Inbhir Nis) is 'n stad in noordelike Skotland. Met 'n bevolking van 46 870 is die stad die grootste nedersetting, en dikwels beskou as die hoofstad van die Skotse Hoogland. In onlangse jare is Inverness een van die vinnigste groeiende nedersettings in Europa.New Statesman: "Inverness: the new Shangri-La?" - besoek op 26 Februarie 2016 Inverness is die noordelikste stad in die Verenigde Koninkryk en is in die 6de eeu gestig.
Susterstede Augsburg, Duitsland La Baule-Escoublac, Frankryk Saint-Valery-en-Caux, Frankryk
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Skotland