Cutt Glas is 'n bekende Afrikaanse a cappella-musiekgroep wat op 1 April 1990 gestig is. Die aanvanklike groeplede was Karen Meiring, Bondina Osterhoff, Shireen Hollier, Annie Harvey, Jann Roberts, Lydia vom Hagen en Billi-Jean Parker. In 2001 ontvang hulle 'n "Geraas"-musiektoekenning vir die beste humoristiese album.

Groeplede Die groep het in 2010 uit die volgende lede bestaan: Karen Meiring – sopraan en stigterslid (vanaf 1990) Bondina Osterhoff – alt en stigterslid (vanaf 1990) Rozelle Blackie (vanaf 2003) Mabet van Wyk (vanaf 2007) Karen Wessels (vanaf 2003) Steffie le Roux (vanaf 2008)

Diskografie Vlymskerp, 2008 Versnit / Blended, 2004 Slegs Glas / Glass Only, 2001 COLOSSAL Not Only Angels ("nie net Engele nie"), 1998 JNS Snykant / Cutts One Voice, 1997 GALLO Singcopation, 1993

Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musiekgroepe

Eksterne skakels Cutt Glas se amptelike webtuiste

Kategorie:Suid-Afrikaanse musiekgroepe