Alex Boraine (10 Januarie 1931, Kaapstad - 5 Desember 2018) was 'n Suid-Afrikaanse politikus, skrywer en voormalige kerkleier. Hy was ’n sleutelfiguur in die Waarheid-en-versoeningskommissie (ondervoorsitter van 1996 tot 1998).HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Boraine word in 1959 as 'n Metodiste-predikant georden. Daarna studeer hy aan die Rhodes-universiteit in Suid-Afrika, Universiteit van Oxford in Engeland, en Drew-universiteit in die VSA."1999 Dedication – Alexander Boraine & Desmond Tutu" , NYU Law In 1970 word hy die president van die Metodistekerk van Suider-Afrika, die jongste president tot datum.
In 1974 betree hy die politiek as ’n Volksraadlid vir die Progressiewe Party, maar hy bedank in 1986 saam met Frederik van Zyl Slabbert. Saam met Slabbert stig hy die Institute for Democratic Alternatives in South Africa (Idasa) om dialoog tussen die toe steeds verbanne ANC en vooraanstaande Suid-Afrikaners te bevorder. Hy was ook 'n medestigter van die Internasionale Sentrum vir Oorgangsgeregtigheid.
Sy boeke sluit in sy WVK-memoires, A Country Unmasked, en A Life in Transition. Hy sterf op 5 Desember 2018 in Kaapstad.https://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/sa-verloor-n-politieke-heer-20181205
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse politici volgens voormalige party Kategorie:Suid-Afrikaanse advokate Kategorie:Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktiviste Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Suid-Afrikaanse predikante Kategorie:Geboortes in 1931 Kategorie:Sterftes in 2018 Kategorie:Alumni van Rhodes-universiteit Kategorie:Alumni van die Universiteit Oxford Kategorie:Anti-apartheidsaktiviste