Middelweerstandige tuberkulose (Engels: Multi-drug resistant tuberculosis of MDR-TB) is 'n vorm van tuberkulose (TB) wat weerstand bied teen ten minste die twee algemeenste behandelingsmiddels van TB, naamlik Isoniasied (INH) en Rifampisien (RMP).

Weerstandige TB ontwikkel tydens die behandeling van antibiotika-sensitiewe TB as die dosering van antibiotika onderbreek word en die medikasievlak in die liggaam onvoldoende is om 100% van die bakterieë te dood. Dit kan gebeur as: Pasiënte beter voel en hulle antibiotika-kursus stop. Pasiënte van tyd tot tyd vergeet om hulle medikasie te neem. Tekorte aan medikasie soos voorraad skaars raak.

Weerstandige TB kan net so geredelik, en op dieselfde wyse as antibiotika-sensitiewe TB van persoon tot persoon versprei. Dit wek 'n uiters gevaarlike situasie.

Kategorie:Aansteeklike siektes