Luitenant-generaal Michail Timofejewitsj Kalasjnikof (Russies: Михаи́л Тимофе́евич Кала́шников; 10 November 1919 – 23 Desember 2013) was ’n Russiese wapenontwerper wat veral bekend was vir die ontwerp van die AK-47.

duimnael|links|AK-47 Kalasjnikof is in 1938 deur die Rooi Leër opgeroep as ’n tenkdrywer en –werktuigkundige. In Oktober 1941 is hy gewond en vir ses maande huis toe gestuur om te herstel. Daar het hy ander soldate hoor kla oor die Sowjet-gewere van destyds. Hy is daardeur geïnspireer om ’n nuwe handmasjiengeweer te ontwerp.AK-47 Inventor Doesn't Lose Sleep Over Havoc Wrought With His Invention , Fox News

Hoewel sy eerste en ’n latere poging nie sukses behaal het nie, het hy in 1946 aan ’n kompetisie deelgeneem om ’n aanvalsgeweer te ontwerp.Bolotin, D.N, "Soviet Small-Arms and Ammunition", bl. 69-70 en 115. Sy inskrywing, genoem "Michtim" (van Michail Timofejewitsj) het gewen en die prototipe geword vir die ontwikkeling van ’n reeks gewere.Kalashnikov, Mikhail, "How and Why I Produced My Submachine Gun", in Sputnik: A Digest of Soviet Press, Nowosti-nuusagentskap, Moskou, Junie 1983, bl. 70-75

In 1947 het hy die AK-47 (Awtomat Kalasjnikof 1947) ontwerp. In 1956 het dit die Sowjet-weermag se standaardgeweer vir soldate geword. Kalasjnikof het al van sy nalatenskap gesê: "Ek sou verkies het om ’n masjien te ontwerp wat mense kon gebruik het en wat boere kon gehelp het, soos ’n grassnyer."Kalashnikov: 'I wish I'd made a lawnmower', The Guardian, 30 Julie 2002

Toekennings Kalasjnikof het verskeie pryse gewen, onder andere die Goue Ster-medalje van ’n Held van die Russiese Federasie wat op 10 November 2009 op sy 90ste verjaardag deur pres. Dmitri Medwedef aan hom toegeken is vir die skepping van "die handelsnaam waarop elke Rus trots is."http://en.rian.ru/russia/20091110/156786596.html Father of the AK-47 receives Russia's top honor

Verwysings

Eksterne skakels 'I sleep soundly' – Onderhoud met Kalasjnikof op 83-jarige ouderdom Biografie BBC NEWS-profiel: Mikhail Kalashnikov Die lewe van Michail Kalasjnikof

20px|links Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Russe Kategorie:Geboortes in 1919 Kategorie:Sterftes in 2013