Gordon Brown (1951-) is 'n Britse politikus. Hy was van 27 Junie 2007 tot 11 Mei 2010 die leier van die Arbeidersparty asook die Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk. Hy het as Eerste Minister bedank nadat sy party die verkiesing van 6 Mei 2010 verloor het, en nie 'n koalisie met die Liberaal-Demokrate kon vorm nie. Van 1997 tot 2007 was hy die Minister van Finansies ("Kanselier van die Skatkis") in Tony Blair se regering. Hy is sedert 1983 'n lid van die Britse Laerhuis.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Lewensloop James Gordon Brown is op 20 Februarie 1951 in Giffnock (naby Glasgow) in Skotland gebore. Hy is met Sarah Macaulay getroud. Hulle dogter, Jennifer Jane, het reeds as 'n baba gesterf. Hulle het twee seuns, John Macaulay en James Fraser. Brown is blind in sy linkeroog na 'n sportbesering en dra 'n glasoog.

Brown het 'n PhD in geskiedenis aan die Universiteit van Edinburgh verwerf. Daarna het hy as 'n TV-joernalis gewerk. Hy was sedert 1983 'n Britse lid van die parlement, aanvanklik vir Dunfermline East en van 2005 tot 2015 vir Kirkcaldy en Cowdenbeath.

Hy het as die Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk oorgeneem nadat Tony Blair op 27 Junie 2007 bedank het. Vóór dit was hy (sedert Mei 1997) die Minister van Finansies. As Eerste Minister het hy ook as Eerste Heer van die Tesourie en die Minister van Staatsdiens gedien.

Bronnelys John Campbell: Pistols at Dawn: Two Hundred Years of Political Rivalry from Pitt and Fox to Blair and Brown. Vintage Books, London 2009, . Steve Richards: Whatever It Takes: The Real Story of Gordon Brown and New Labour. Fourth Estate, London 2010, . Anthony Seldon: Brown at 10. Biteback, 2010. .

Verwysings

Kategorie:Eerste Ministers van die Verenigde Koninkryk Kategorie:Britse ministers Kategorie:Skotse politici Kategorie:Ministers van Finansies Kategorie:Geboortes in 1951 Kategorie:Lewende mense