Tony Blair (1953-) is 'n voormalige Britse politikus van die Arbeidersparty wat vanaf 2 Mei 1997 tot 27 Junie 2007 as Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk gedien het. Hy was 'n parlementslid vir Sedgefield vanaf 1983 tot 2007 en leier van die Arbeidersparty vanaf 1994 tot 2007. In Junie 2007 het hy uit vrye wil uit al hierdie poste bedank. Hy is deur Gordon Brown opgevolg.
Beknopte biografie Anthony Charles Lynton Blair is op 6 Mei 1953 in Edinburg, Skotland gebore as die tweede seun van Leo en Hazel Blair. Hy was 'n prokureur voordat hy 'n politikus geword het. In 1975 sluit hy by die Arbeidersparty aan en was van 1983 tot 2007 die LP vir Sedgefield.
Blair het in 1994 leier van die Arbeidersparty geword. Hy het talle veranderinge aangebring om die party te moderniseer en dit tot die “Nuwe Arbeidersparty” herdoop. Sommige tradisionele ondersteuners het gemeen sy beleid is te regs, maar hy het ’n groot oorwinning in die verkiesing van 1997 oor die Konserwatiewe Party behaal, wat toe reeds 18 jaar lank aan bewind was.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Blair het ook die verkiesings van 2001 en 2005 ingepalm, en sodoende nie net die Arbeidersparty se langsdienende premier geword nie, maar ook die eerste leier wat daarin kon slaag om drie agtereenvolgende verkiesings te wen. Ná die Irakse Oorlog het sy gewildheid onder sy partylede en die publiek egter getaan.
In 2007 het hy op eie inisiatief as premier bedank en daarna die VN se gesant in die Midde-Ooste geword. Hy is tans die voorsitter van die Kommissie vir Afrika.
Blair is sedert 29 Maart 1980 met die prokureur Cherie Booth getroud. Hulle het vier kinders, Euan, Nicky, Kathryn en Leo.
Bronnelys John Campbell: Pistols at Dawn: Two Hundred Years of Political Rivalry from Pitt and Fox to Blair and Brown. Vintage Books, London 2009, , Jon Davis, John Rentoul: Heroes or Villains? The Blair Government Reconsidered. Oxford University Press, Oxford 2019, . John Rentoul: Tony Blair. Little, Brown & Company, London 2001, . Anthony Seldon: Blair. Free Press, London 2004, . Mick Temple: Blair (20 British Prime Ministers of the 20th Century). Haus Publishing, London 2006, .
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Eerste Ministers van die Verenigde Koninkryk Kategorie:Britse opposisieleiers Kategorie:Skotse politici Kategorie:Geboortes in 1953 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Britse diplomate Kategorie:Presidente van die Europese Raad