Koning Mageba kaGumede (ongeveer 1667 tot 1745) was 'n vroeë leier van die Zoeloes in Suid-Afrika.

Volgens oorlewering het Mageba sy tweelingbroer Phunga as leier van die Zoeloe-stam na Phunga se dood in omtrent 1727 opgevolg. Hierdie opvolging tussen broers word weerspieël in Zoeloegedigte soos Zulu ka Phunga no Mageba! (Zoeloe kinders van Phunga en Mageba!). Mageba het ten minste twee seuns gehad, Ndaba, wat hom as koning opgevolg het, en Mpangazitha. Mpangazitha trou met sy niggie. Die Ntombela-stam ontstaan van die nageslag van hierdie huwelik.

Eksterne skakels Amptelike Zoeloeland-webwerf: Die Zoeloe-konings Amptelike Portaal van die Suid-Afrikaanse Regering: Zoeloekonings

Kategorie:Zoeloekonings Kategorie:Geboortes in 1667 Kategorie:Sterftes in 1745