Volgens Nguni-legende was Mnguni die stigter van die Nguni-nasie in Suidelike Afrika. Zoeloes is 'n sub-nasie van die Nguni-nasie.
Mnguni se naam is afgelei van die woord Nguni, die naam vir die oorgrote etniese groepering in Suid-Afrika. Dit sluit onder andere die Zoeloes, Swazi's, Ndebele, en Xhosas in. Meeste van die verskillende Nguni-nasies kan van Mnguni (koning van die verenigde nasie in Suid-Afrika voor Zoeloes, Xhosas, Swazi's en Ndebele) se stamboom nagespeur word.
Volgens oorlewering is hy ongeveer 1000 jaar gelede vanaf Egipte afkomstig.
Kategorie:Zoeloekonings
fr:Chefs des Zoulous avant 1816#Mnguni