StarSat is die tweede satelliet-TV-diens in Suid-Afrika, na MultiChoice se DStv. Dit het op 1 Mei 2010 begin as TopTV met die uitsaai van 55 videokanale en 25 radiokanale.
Daarna het die Chinese StarTimes 'n groot aantal aandele gekoop in On Digital Media. StarSat word besit deur On Digital Media, 'n nuwe rolspeler in die Suid-Afrikaanse betaal-TV-mark waaraan 'n betaal-TV-uitsaailisensie in September 2007 deur ICASA toegestaan is. Na die betrokkenheid van StarTimes is die naam verander na StarSat. Dus word 20% van On Digital Media besit deur die TV-satellietoperateur SES Astra, wat ook die satellietinfrastruktuur besit waardeur StarSat uitgesaai word en 'n ander 20% deur StarTimes.
StarSat se diens is gemik op die LSM 6-9- demografiese groep in Suid-Afrika. Die StarSat-pakkette is dus gemik op die middelklas- en armer gemeenskappe wat dit nie kan bekostig om DStv aan te skaf nie.
Uitsaai en ontvangs StarSat-dienste word per satelliet uitgesaai deur gebruik te maak van die Astra 4A-satelliet op die 5° oos-orbitale posisie, sowel as drie van die ses 36 MHz-transponders op die "FSS Afrika"-bundelverskaffing wat dekking verskaf aan die hele Afrika-streek suid van die Sahara. Ontvangbare StarSat-dienste sal regoor Suid-Afrika beskikbaar wees op skottels van 60 cm of 80 cm in deursnee. Uitsendings vind plaas in die DVB-S2 MPEG-4- digitale TV-formaat. Vir die ontvangs daarvan is 'n dekodeerder nodig wat by plaaslike kleinhandelaars beskikbaar is.
2024 Polisie klopjag na lisensie verval Op 2 Oktober 2024 is die StarSat-kantore deur die polisie oorval. Die polisie het StarSat-uitsaaitoerusting ontkoppel en beslag gelê.
Dit kom nadat ICASA op 18 September 2024 opdrag gegee het aan StarSat om sy Suid-Afrikaanse bedrywighede te staak nadat hy einde verlede jaar sy intekening-uitsaailisensie-aansoek ingedien het.
Tariewe en pakkette Pakkette sluit in 'n basiese 20-kanaal-pakket vir R99 per maand. Die kanale sluit in TopOne, Top Gospel, MSNBC en Fox News. Die duurste pakket is die Premium-pakket wat alle StarSat-kanale insluit teen R249 per maand. Hierdie koste is soortgelyk aan DStv Compact, wat 35 kanale bied teen R219 per maand.
Lys kanale
Verskeidenheid Top One – Algemene vermaakkanaal met dramareekse, kinderprogramme, rolprente, lewenstyl- en klassieke Suid-Afrikaanse TV-programme ASTV – 'n Afrikaanse TV-kanaal wat plaaslik vervaardigde films, reekse, musiek en programme uitsaai Top Gospel – Multi-Christelike lewenstylkanaal met kletsprogramme, musiekvideo's en rolprente GOD TV – 'n wêreldwye mediabediening met jeugprogramme en Bybelonderrig Christelike Kanaal (sal later bekend gestel word) Inspiration – Internasionale Christennetwerk met programme van die VSA en Europa Zee Cinema – Programme en rolprente vervaardig deur die Bollywood-rolprentbedryf (Indië) Hi Nolly – Programme en rolprente vervaardig deur die Nollywood-rolprentbedryf (Nigerië) MGM – Wys rolprente uit die Metro-Goldwyn-Mayer-argiewe BBC World – 'n 24-uur- internasionale nuus- en inligtingskanaal van die Verenigde Koninkryk Fox News – 'n 24-uur- internasionale nuus- en inligtingskanaal van die VSA MSNBC – 'n 24-uur- internasionale nuus- en inligtingskanaal van die VSA Al Jazeera – 'n 24-uur- internasionale in-diepte-nuusdekkingskanaal France 24 – 'n 24-uur- internasionale nuus- en inligtingskanaal uit 'n Franse perspektief Current TV – Dek alles wat in die wêreld gebeur en nie deur die hoofstroomnuus gedek word nie Setana Sports – Internasional sportkanaal Eurosport News – Europese en internasionale sportnuus wat elke 30 minute bygewerk word SABC1 – Gratis plaaslike kanaal wat fokus op Engels en Nguni-tale SABC2 – Gratis plaaslike kanaal wat fokus op Engels, Afrikaans en SeSotho SABC 3 – Gratis plaaslike kanaal wat fokus op Engels en meer onlangs Afrikaans e.tv – Plaaslike en internasionale programme, insluitend rolprente en spesiale rolprentfeeste Mindset Learn – Kanaal vervaardig deur 'n nie-winsgewende organisasie wat gesondheids- en opvoedkundige programme uitsaai wat gerig is op Suid-Afrikaanse laer- en hoërskoolleerders RTPi – Portugees-gesentreerde kanaal Fashion TV – Internasional kanaal wat fokus op mode, skoonheid, glans en styl Fine Living Network – Leefstylkanaal met kook-, ontwerp-, dekor- en reisprogramme Music Choice – 'n musiekverskaffer met 25 radiokanale
Kinders en Musiek Top Junior Jim Jam Baby TV – Kanaal vir babas en peuters met kort programme KidsCo Afro Music Nigezie FUEL TV – Ekstreme-sport-kanaal Kiss Kerrang! TV Q TV Magic C Music Classica
Vermaaklikheid en kennis Star! - Vermaaknuuskanaal Fox Entertainment – Algemene vermaakkanaal, insluitende komedie, drama, wetenskapsfiksie, aksie, animasie en werklikheidsprogramme Fox Retro – Gwilde programme van die 1970's, '80's en '90's Natura – Dokumentêre kanaal wat fokus op die natuurlike geskiedenis BET – Black Entertainment Television bied stedelik georiënteerde rolprente, reekse en werklikheidsprogramme, sowel as hoofstroom-rap en R&B-musiekvideo's Top History – Dokumentêre kanaal met 'n sterk fokus op Suid-Afrikaanse en Afrika-geskiedenis Investigation Discovery – Programme oor misdaadondersoeke en misdaadverwante dokumentêre Discovery Travel and Living Discovery Science – Dokumentêre kanaal met wetenskap en tegnologie Top Explore Top Crime
Rolprente Silver – Onafhanklike rolprente van oor die wêreld Showtime Fox FX – Aksiekomedie-reekse Top Movies – Premium-rolprentkanaal Top Movies 2 – Uitsending van die Top Movies-kanaal waar tyd deur 2 uur aangeskuif is Top Movies 24 – Uitsending van die Top Movies-kanaal waar tyd deur 2 uur aangeskuif is Top Sport – Sal later bekend gestel word
Ander inhoud en kritiek Benewens hierdie kanale het StarSat 'n eksklusiewe handelsooreenkoms met vervaardigingsmaatskappye vanoor die wêreld onderteken, insluitende Fox, Disney en Discovery. StarSat het ook sterk kritiek ontvang omdat hulle nie premium-sport aanbied nie, maar is van mening dat die meeste uitsaairegte van groot sport in Suid-Afrika reeds aan DStv behoort, maar dat StarSat wel in die toekoms meer sport sal uitsaai.
Sien ook DStv, MultiChoice se satelliet-TV-diens.
Verwysings
Eksterne skakels On Digital Media se amptelike webtuiste SES Astra se webwerf
Kategorie:Suid-Afrikaanse televisie