Woodmead is 'n kommersiële voorstad in die noordelike deel van Johannesburg, Gauteng, Suid-Afrika. Vier hoofweë ontmoet hier, naamlik die N1 Westelike Verbypad, N1 Ben Schoeman, N3 oostelike verbypad en die M1 (Johannesburg). Verskeie groot besighede is in Woodmead gesetel, insluitend 3M, Accenture, en SAP.
Besighede en besienswaardighede Bekende 18-putjie gholfbaan wat in 1968 geopen is en waar groot toernooie gespeel word.Déjà vu in Woodmead, Beeld, 21 Februarie 2010. Keg & Vine restaurant met 'n kroegtema is tussen "Makro" en die "ProShop" geleë. Woodmead Retail Park, 'n groot winkelsentrum.
Verwysings
Eksterne skakels Google-kaart van Woodmead
Kategorie:Voorstede van Johannesburg