Die geelpooteekhorinkie, ook genoem die boomeekhoring (Paraxerus cepapi), is eekhoring wat in beboste gebiede in groot dele van Afrika voorkom.
Hierdie eekhorings is oordag aktief in bome lewe. Hul dieet bestaan hoofsaaklik uit insekte, aalwynblare, blaarknoppies, vrugte, sade en bessies.
Volwasse geelpooteekhorinkies het 'n gemiddelde lengte van 40 cm. Die wyfie baar telkens twee tot vier kleintjies in 'n hol boomstam. Geelpooteekhorinkies het 'n moontlike lewensduur van 15 jaar.
Sien ook Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes
Bronnelys
Soogdiere van die Krugerwildtuin en ander Nasionale Parke (1979). Saamgestel deur Die Nasionale Parkeraad. 'n Publikasie van die Raad van Kuratore vir Nasionale Parke van die Republiek van Suid-Afrika. .
Kategorie:Eekhorings