Die nasionale vlag van die Dominikaanse Republiek is op 6 November 1844 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n wit Sint Joriskruis met ’n blou reghoek bo aan die vlagpaalkant en onder aan die wapperkant en ’n rooi reghoek onder aan die vlagpaalkant en bo aan die wapperkant; die landswapen verskyn in die middel van die kruis.

Simboliek duimnael|links|Wapen van die Dominikaanse Republiek Die kleure op van die vlag stel elk iets voor. Blou stel Vryheid of die lug voor, rooi kan die bloed van die patriotte voorstel wat gevloei het in die stryd om onafhanklikheid en die wit is ’n simbool van opoffering en dit stel waardigheid, die rustige karakter van die Dominikane en hul toewyding tot vrede voor.

Ontwerp Kleure Die kleurskema word hieronder gelys:

30px Blou Rooi Wit RGB 0,45,98 206,17,38 255,255,255 Heksadesimaal #002d62ff #ce1126ff #FFFFFF CMYK 100 – 54 – 0 – 62 0 – 92 – 82 – 19 0 – 0 – 0 – 0

Ander vlae

Geskiedenis Die vlag van die Dominikaanse Republiek is afgelei van die vlag van La Trinitaria, wat op sy beurt gebaseer is op die vlag van Haïti. Op 27 Februarie 1844 het die Dominikaanse Republiek onafhanklik geword en van 6 November 1844 het hulle ’n eie vlag gebruik. Hierdie vlag het, net soos die huidige vlag, bestaan uit vier vlakke wat geskei is deur ’n wit kruis. In die vlag van 1844 was die boonste twee vlakke blou en die onderste twee vlakke rooi. Vanaf 1861 was die Dominikaanse Republiek onder Spaanse bestuur maar in 1863 is daar oorlog (wat twee jaar sou duur) gevoer teen die Spanjaarde. Op 14 September 1863 is ’n nuwe vlag vasgestel wat sedertdien steeds in gebruik is.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Dominikaanse Republiek by Flags of the World.

Kategorie:Dominikaanse Republiek Dominikaanse Republiek