Die blesbok (Damaliscus pygargus phillipsi) is 'n groot wildsbok wat in die Hoëveld van Suid-Afrika aangetref word.
'n Volwasse blesbok het 'n gemiddelde massa van 80 kg en 'n hoogte van 95 cm. Die ram het horings wat 51 cm lank kan word. Die dier se naam verwys na die wit "bles" op sy gesig. Ook sy pens, kruis en bene is baie ligter as die res van die liggaam. duimnael|links|Nabyskoot van die kop, Eswatini Sien ook Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes
Bronnelys Soogdiere van die Krugerwildtuin en ander Nasionale Parke (1979). Saamgestel deur Die Nasionale Parkeraad. 'n Publikasie van die Raad van Kuratore vir Nasionale Parke van die Republiek van Suid-Afrika. .
Eksterne skakels
Kategorie:Wildsbokke