Die bosbok (Tragelaphus scriptus) is 'n klein wildsbok wat in Afrika suid van die Sahara aangetref word.
Volwasse bosbokke het 'n gemiddelde massa van 70 kg en 'n hoogte van ongeveer 90 cm. Die ramme het horings wat tot 55 cm lank kan word.
Bosbokke word nie maklik raakgesien nie, omdat hulle digte bosgebiede en rietruigtes langs riviere verkies.
Die ooi is ses tot sewe maande dragtig, waarna 'n enkele lammetjie in die lente of somer gebore word. Bosbokke het 'n moontlike lewensduur van nege jaar. Galery
Sien ook Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes
Bronnelys
Soogdiere van die Krugerwildtuin en ander Nasionale Parke (1979). Saamgestel deur Die Nasionale Parkeraad. 'n Publikasie van die Raad van Kuratore vir Nasionale Parke van die Republiek van Suid-Afrika. .
Eksterne skakels
Kategorie:Wildsbokke