regs|duimnael|250px|Die Blackout Rugby-kenteken.

Blackout Rugby is 'n gratis webgebaseerde rugby-bestuurspeletjie geskep deur die Nieu-Seelanders Jeremy Bell en Matthew Scoble van Blackout Entertainment Bpk. Die spel is in Desember 2006 geloods en het tans 8 982 deelnemers, waarvan 710 as Suid-Afrikaners geregistreer het (status: 5 November 2011). Die spel is sedert 3 November 2011 in Afrikaans beskikbaar, maar kan ook in Engels, Frans, Italiaans en Spaans gespeel word.

Geskiedenis Die persoon agter die idee vir die spel is Matthew Scoble, wat in 2005 as 'n geregistreerde deelnemer aan die gratis internetspeletjies Hattrick (sokker) en Battrick (krieket) begin dink het om 'n soortgelyke speletjie vir rugby te skep. Hy het sy vriend, Jeremy Bell, wat oor die nodige kundigheid beskik het, genader om die projek 'n werklikheid te maak. Die webwerf is in 2006 geskep en die spel se eerste beta-weergawe is op 7 Oktober 2007 geloods met 'n tweede beta-weergawe wat gevolg het op 27 November 2007. Die speletjie het uiteindelik begin op 14 Desember 2007 en het selfs aandag in die Nieu-Seelandse pers geniet.

Eienskappe 'n Nuwe deelnemer aan Blackout Rugby kry 'n nuwe rugbyklub in sy gekose land, met: ’n Groep van 30 spelers ’n Jeuggroep van 22 spelers ’n Stadion met 'n kapasiteit van 5 000 Verder kry die speler ook 'n aanvanklike bankbalans om te spandeer op die verbetering van die afrigfasaliteite, om beter personeel aan te stel, in die jeugakademie te belê of om op die oordragmark te spandeer.

Blackout Rugby het tans 34 nasies om uit te kies (klubs sluit in geregistreerde deelnemers en rekenaarspanne): Argentinië Australië België Brasilië Chili Kroasië Tsjeggiese Republiek Kanada Engeland Frankryk Georgië Duitsland Hong Kong Ierland Italië Ivoorkus Japan Kenia Namibië Nederland Nieu-Seeland Pasifiese Eilande Pole Portugal Roemenië Skotland Rusland Spanje Suid-Afrika Suid-Korea Uruguay Verenigde State van Amerika Wallis Zimbabwe

Binne elke nasie word daar in 'n piramide-ligastruktuur meegeding, met agt spanne in 'n liga wat elk 14 ligawedstryde (7 tuis en 7 weg) oor 'n seisoen, wat sestien weke strek, gespeel word. Ligawedstryde word op Saterdae (afskop 14:35) gespeel. Elke nasie het ook 'n uitklopbekerreeks, waarvan die wedstryde op Woensdagaande om 19:35 afskop. Spelers kan ook vriendskaplike wedstryde reël teen enige span in die Blackout Rugby-wêreld, wat op Maandae en Donderdae vanaf 19:35 beslis word. Wedstryde word intyds gespeel met vloeiende wedstryd-kommentaar en statistiek wat deurlopend opdateer. Blackout Rugby het 'n unieke kombinasie-afrigstelsel, met span-afrigting, individuele afrigting en wedstryd-afrigting wat deur 'n speler aangewend kan word om sy virtuele rugbyspelers te verbeter. Spelers moet ook hulle klubfinansies bestuur, met bankrotskap wat uiteindelik lei tot die uitsluiting van die klub.

BR Wêreldbeker Binne die Blackout Rugby-wêreld word daar ook internasionale wedstryde gespeel deur die nasionale- en o.20-spanne van elke nasie (die gemeenskap stem een keer 'n seisoen vir 'n afrigter vir elk van die nasionale- en o.20-spanne, wat dan 'n nasionale span kan saamstel uit die virtuele spelers van klubs).

Die eerste o.20 BR wêreldbekertoernooi is aan die einde van seisoen 4 (Feb/Mar 2009) beslis. Die eerste senior wêreldbekertoernooi is aan die einde van seisoen 5 beslis. Seisoen Gasheer Tipe 1ste 2de 3de 4de 4 Suid-Afrika o.20 Verenigde State Nieu-Seeland Engeland Pasifiese Eilande 5 Nieu-Seeland SENIOR Nieu-Seeland Italië Engeland Australië 6 Verenigde State o.20 Nieu-Seeland Engeland Italië Australië 7 Pasifiese Eilande SENIOR Nieu-Seeland Suid-Afrika Italië Verenigde State 8 Wallis o.20 Nieu-Seeland Ierland Australië Frankryk 9 Roemenië SENIOR Suid-Afrika Nieu-Seeland Ierland Frankryk 10 Argentinië o.20 Nieu-Seeland Ierland Engeland Suid-Afrika 11 Skotland SENIOR Nieu-Seeland Ierland Argentinië Skotland 12 Australië o.20 Suid-Afrika Australië Roemenië Argentinië 13 Suid-Afrika SENIOR Nieu-Seeland Argentinië Ierland Suid-Afrika 14 Kanada o.20 15 Verenigde State SENIORUnited StatesAustraliaArgentina 16 Engeland o.20 17 Wallis SENIORFranceAustraliaNew Zealand 18 Frankryk o.20 19 Argentinië SENIORScotlandItalyAustralia 20 Ierland o.20 21 Australië SENIORScotlandAustraliaArgentina 22 Italië o.20 23 Kanada SENIORAustraliaSpainEngland 24 Japan o.20 25 Engeland SENIOREnglandArgentinaAustralia 26 Nieu-Seeland o.20 27 Frankryk SENIORItaly EnglandFrance 28 Pasifiese Eilande o.20 29 Ierland SENIORRomaniaAustraliaEngland 30 Roemenië o.20 31 Italië SENIORNetherlandsAustraliaSpain 32 Skotland o.20 33 Japan SENIORItaly AustraliaSpain

Nasionale Bekerwenners

Die volgende klubs het elke land se Nasionale Bekerkompetisie gewen:

Seisoen Argentinië Australië Kanada Engeland Frankryk Ierland Italië Japan Nieu-Seeland Pasifiese Eilande Roemenië Skotland Suid-Afrika Verenigde State Wallis België Brasilië Chili Kroasië Tsjeggiese Republiek Georgië Duitsland Hong Kong Ivoorkus Kenia Korea Namibië Nederland Pole Portugal Rusland Spanje Uruguay Zimbabwe Seisoen 1 11 Men in Flight Ncc XV Burnaby Blues Olvar's Strays Since1962 St Mary's College RFC Union 96 Rugby Milano Buckland Gentlemen RFC The Western Woah Maramasike Nuggets Polecats Softies Durban Wanderers Enigma Mighy Marauders Seisoen 2 Embalse Saints XV Jg Falcons Purple Dinosaurs Skeubs Aramasu's Pirates Reproscanrugbybergamo The Hills Riccarton Allstars Pacific Sharks Cehul Silvaniei Stags Dalgety Bay Aztecs Jukskei Jackals Mature Chedder People's Front Of Judea Seisoen 3 Jaguars Wafgash Burnaby Chiefs Purple Dinosaurs OM Spirit Catalonia Targaryen Madrid Rockets Vandernators Rotuma Tsunami Black Wallaboks Union Bears 07 Claremont Warriors Academicals RFC Jeff's XV Seisoen 4 Badpeppermints Gloucester XV Brampton RFC Bromborough Skeubs Darkside Cowboys Reproscanrugbybergamo Sleepy Goats Vandernators Pacific Sharks RC Berceni United Eijkels Cambridge Rugby Club Dodgy Badgers Seisoen 5 Woodward Chile Emu Slopes Burnaby Knights Bromborough OM Spirit Sandtrail Reproscanrugbybergamo Sleepy Goats The Dissident Aggressors Moratai Marauders Polecats Fenwick Thistle South African Youngsters DC Barbarians Va Va Voom Seisoen 6 Woodward Chile Red Bull Rage Huskies RFC Bosh Skeubs Aramasu's Pirates Vii Rugby Torino Sleepy Goats Hercufleas United Pacific Sharks Black Wallaboks United Black Sheep Booyakasha Jeff's XV Seisoen 7 Badpeppermints Silver Foxes Alaskan Assassins Bromborough Hoi An Aramasu's Pirates Clan Messina My Bloody Valentine Taita Hooligans Pacific Sharks Polecats United Mithril DC Barbarians Jeff's XV Seisoen 8 Woodward Chile Doonas Kitchener Warriors Bromborough Los Gringos Aramasu's Pirates Clan Messina Sleepy Goats Millerton Miners Tau'uta Barbarians Polecats United Avatars PA Patriots Va Va Voom Seisoen 9 Badpeppermints Funky Squad Kamikazè Injection Bromborough Skeubs Los Verdeblancos Clan Messina My Bloody Valentine Taita Hooligans Pacific Sharks Black Wallaboks Chewbacaas Chomping Chewaawaas Rooiwit Vredehoek 1971 DC Barbarians People's Front Of Judea Zwarte Barbarians Harpia Club Woodward Chile Split 1700 Johny SCG Ball Pride Of Georgia Wills Wanderers Kowloon RFC Cobs De Bouffons Snowstorm Gladiators Seoul Raiders Steroid Abusers Darkside Cowboys Dark Lightning Taddiport RFC Yaroslavl Diogenes Club Tala Rugby Club Muffin Chuckers Seisoen 10 Badpeppermints Balmain Tigers The United Bank of Ouzo Bromborough Skeubs Apoel Cormosia Rfc Jolly Roger Crew Kunming Tigers The Freelancers Pacific Sharks Black Wallaboks United Champs Academicals RFC Super Heroes In Training Zwarte Barbarians Harpia Club Woodward Chile Split 1700 Rosslyn Park Nouvelle The Stainless Steel Rats Kowloon RFC Cobs De Bouffons Gilgil RFC Seoul Raiders Nemean Lions Pandora's Pingu Dark Lightning New Zealand Warriors RFC Yaroslavl Diogenes Club Tala Rugby Club Thinus 15 Seisoen 11 American Panthers Funky Squad Kanata Alliance Pandora's Pingu Los Gringos Cream of the Crop Union 96 Rugby Milano My Bloody Valentine Magratheans Tau'uta Barbarians Black Wallaboks West Of Scotland Rooiwit Vredehoek 1971 DC Barbarians Jeff's Xv Zwarte Barbarians Hot Milk Rugby Club Woodward Chile Split 1700 Zbrojovka Brno 2007 Sonoma County Alliance St. Pauli Exiles Kowloon RFC Cobs De Bouffons Tucker's Titans Seoul Raiders Nemean Lions Aramasu's Pirates Dark Lightning Os Tripeiros RFC Yaroslavl Diogenes Club Pachinko Never Die Super Heroes In Training Seisoen 12 Pu Plux Flan Sleepy Goats Zarma Monastery Frodsham Koala Bears Hoi An V.D. Ruffians RFC Fantaikuvium XV Grampus Magratheans Pacific Sharks Undeads RFC United Champs Academicals RFC Jeff's Xv Zwarte Barbarians Hot Milk Rugby Club Woodward Chile Nelson Bay Zbrojovka Brno 2007 Sonoma County Alliance The Stainless Steel Rats Tetrahedon Union Sportive De Tyrosse Arlequins Angevins Seoul Raiders Sony Lions Aramasu's Pirates Dark Lightning Os Conquistadores RFC Yaroslavl Diogenes Club Freakazoid Rome Was Not Built In A Day Seisoen 13 Die Steppenwolfe Sleepy Goats Guelph Assassins Bromborough White Walkers Justified Ancients of Mumu Jolly Roger Crew Grampus Magratheans Tau'uta Barbarians Undeads RFC United Silver Super Sharks DC Barbarians Deheubarth Kings Zwarte Barbarians Hot Milk Rugby Club Woodward Chile Split 1700 Zbrojovka Brno 2007 Mount Shkhara Lynxes The Stainless Steel Rats HK Pumas Union Sportive De Tyrosse Gilgil RFC Seoul Raiders Steroid Abusers Southern Spears R.F.C. Dark Lightning Waikato Maouri Chiefs RFC Yaroslavl Genicera Tala Rugby CLub Rome Was Not Built In A Day Seisoen 14 Rooiwit Vredehoek 1971 Va Va Voom Die lande België, Brasilië, Chili, Kroasië, Tsjeggiese Republiek, Georgië, Duitsland, Hong Kong, Ivoorkus, Kenia, Namibië, Nederland, Pole, Portugal, Rusland, Spanje, Uruguay en Zimbabwe is in seisoen 9 bygevoeg.

Nasionale kampioene Die volgende klubs het elke land se nasionale ligakompetisie gewen. Seisoen 3 was die eerste waar klubs met 'n mens vir 'n bestuurder die eerste liga kon haal.