Wasserfall is 'n Afrikaanse rock-musiekgroep van Pretoria. Die groeplede is Dewald Wasserfall (sang en kitaar) en Larry Pullen (kitaar). Pullen is 'n klanktegnikus wat al met Prime Circle, Springbok Nude Girls, Nataniël en Nianell saamgewerk het. Hulle debuutalbum, Veralgemeen Jouself, is in 2007 uitgereik. Hulle tweede album, Asem In, is in 2008 uitgereik.

Wasserfall het in 2011 ontbind en die groep maak nie meer musiek nie. Dewald Wasserfall het daarna 'n soloalbum vervaardig.

Diskografie Groep se album: As jy inval, 2010 Asem In, 2008 Veralgemeen Jouself, 2007 BUSHWACKER

Solo-albums: Jy Is Die Storm, 2016 EK en JY, 2014 Vergeet wat jy weet van liefde, 2012

Verwysings

Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musiekgroepe

Eksterne skakels Wasserfall se amptelike webtuiste

Kategorie:Suid-Afrikaanse musiekgroepe