duimnael|regs|300px|Die Ou Raadsaal op Pretoria se Kerkplein, een van die geboue wat nog staan nadat Hannes Meiring die modernisering van die middestad teëgestaan het.

Hannes Meiring (11 Oktober 1934, Potchefstroom - 2 Mei 2010, Stellenbosch) was 'n bekroonde Suid-Afrikaanse argitek, grafiese kunstenaar, skilder en bewaarder van Suid-Afrika se argitektoniese erfenis. Hy het historiese geboue beskryf as "die sout en peper van 'n stad".andiquote.co.za , besoek op 3 Mei 2010. Hy het onder andere geveg vir die behoud van die ou geboue op Kerkplein en Pretoria se middestad soos die Ou Raadsaal en Paleis van Justisie van die Zuid-Afrikaansche Republiek, die Nederlandse Bank-gebou, die Café Riche, die Tudor-gebou, die Hoofposkantoor en die Reserwebank-gebou.Hy was so lief vir die wêreld en vir mense, Beeld se webwerf, besoek op 4 Mei 2010.

Meiring was in 1986 betrokke by die uitbreiding en veranderinge aan die Parlement in Kaapstad, insluitend die ontwerp van die Groot Saal, die saal vir die Raad van Afgevaardigdes en bykomende kantore vir Parlementslede.Hannes Meiring sê ook ja vir Pretoria; Kaapstad sal sterf as parlement skuif - Kader Asmal, Beeld, 10 Junie 1994.

Hannes Meiring is op 75-jarige ouderdom aan 'n hartaanval in sy huis oorlede. Hy laat sy vrou, die joernalis en skrywer Martie Retief-Meiring en sy dogter Kabous agter.

Toekennings Goue medalje van die Stigting Simon van der Stel vir sy bewaring van historiese erfenis. Meriete-toekenning van die Akademie vir Wetenskap en Kuns. Vier meriete-toekennings vir restorasie en argitektoniese ontwerp van die Transvaal Instituut van Argitekte in 1989 en 1993.

Bibliografie Kruger's Pretoria - met Vivian Allen, AA Balkema, 1972 Boukunsskatte van Suid-Afrika - Human & Rosseau, 1977 Stellenbosch te voet - met Ters van Huyssteen, Tafelberg, 1979 Pretoria 125 - met Anna Jonker, Human & Rosseau, 1980 Hart van die Boland Deel I - met Ters van Huyssteen, Tafelberg, 1983 Early Johannesburg, Its Buildings and People - met G.M. van der Waal, Wilhelm Grútter en Anna Jonker, Human & Rosseau, 1985, Footloose in Stellenbosch - a visitors guide met Ters van Huyssteen, Tafelberg, 1993 Sanlam se 2002-kalenderart.co.za , besoek op 3 Mei 2010.

Verwysings

Verdere naleeswerk Soveel jare, soveel dinge... Hannes Meiring vernuwe op 73, Rapport, 16 Augustus 2007. Hannes "bewaar uit liefde", Die Burger, 5 Julie 2008.

Kategorie:Suid-Afrikaanse argitekte Kategorie:Geboortes in 1934 Kategorie:Sterftes in 2010