duimnael|links|260px|Die gemeente se kerkgebou aan Sentraalplein.
duimnael|regs|160px|Ds. P.J. du Plessis was van 1946 tot sy aftrede in 1951 Pinelands se tweede leraar.
duimnael|links|270px|Die gemeente se kerksaal is nou die Huis der Nederlanden en behoort nou aan die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere.
duimnael|regs|160px|Ds. J.J.E. Koornhof, van 1952 tot 1955 Pinelands se derde leraar.
duimnael|links|160px|Ds. K.W. Heese, eggenoot van die skrywer Hester Heese, was leraar van 1956 tot omstreeks 1960.
duimnael|regs|160px|Ds. Herman Kinghorn, leraar van 1960 tot 1965 en weer van 1970 tot 1981.
duimnael|links|160px|Ds. N.F.P. Burger was leraar hier van 15 Oktober 1965 tot hy in 1969 na Koppies vertrek het.
duimnael|regs|180px|Dr. Tiana Bosman, 2010 tot hede.
Die NG gemeente Pinelands is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Ring van Wynberg, Kaapstad.
Voorgeskiedenis Die gemeente was vroeër deel van die NG gemeente Maitland en moes met periodieke bediening volstaan. Op 'n geselligheid deur Afrikaanssprekendes en lede van die moedergemeente gereël, besluit die aanwesiges om 'n kerk in Pinelands te bou, omdat hulle af en toe in 'n onaantreklike saaltjie vir eredienste byeen moes kom. Hulle gaan dadelik aan die werk en bou die teenswoordige kerkgebou, ontwerp deur die argitek H. Sikkel.
Afstigting Binne 'n jaar na die besluit om 'n kerk te bou, reël die gemeenskap weer 'n geselligheid waarop hulle besluit om die moedergemeente en ring te vra om toestemming tot afstigting. So is die gemeente Pinelands op 27 Oktober 1943 met sowat 200 lede gestig. Dadelik begin die lidmate bou aan 'n pastorie. Die eerste predikant was ds. P.M. van Heerden, wat op 8 Julie 1944 bevestig is. Na 18 maande vertrek hy en volg ds. P.J. du Plessis hom op 10 Mei 1946 op.
Die gemeente maak groot vordering in die eerste jare van sy bestaan. In 1952 skryf die Ons gemeentelike feesalbum: "Die deursnee-lidmate is almal mense met 'n goeie agtergrond, beskaafd, goed ontwikkel en ambisieus, soos veral blyk uit die verantwoordelike betrekkings wat hulle beklee."
Hede Pinelands se lidmate het deur die jare tot ongeveer 500 toegeneem, maar geleidelik gedaal tot sowat 280 in 2010 en 160 in 2012, maar daarna het dit geleidelik begin toegeneem. Nietemin bly hy as selfstandige gemeente voortbestaan, ondanks die verkoop van sy kerksaal aan die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (voorheen Huis der Nederlanden).
Die eerste vroulike predikant in die gemeente se 67-jarige bestaan, prop. Tiana Bosman, is op 31 Oktober 2010 in die gemeente ontvang en bevestig. Onder haar leiding het die gemeente nuwe lewe getoon en het die kinderlidmate tot einde 2015 tot 30 toegeneem nadat dit in 'n stadium letterlik net 'n handjie vol was. Teen 2023 wasdit 41. In 2015 was Pinelands een van vier NG gemeentes in die land wat prontuit gay mense genooi om selfdegeslagverbintenisse te bevestig en ook hier as leraar, ouderling, diaken of in enige ander amp of rol te dien.
Enkele leraars Paul Marais van Heerden, 1944 - 1946 (eerste leraar) Philippus Jacobus du Plessis, 1946 - 1951 (toe hy emeriteer) Johannes Jochemus Euchristius Koornhof, 1952 - 1955 Dr. Karl Willem Heese, 1956 - 1959/'60 Hermanus Charles Kinghorn, 1960 - 1965, 23 Januarie 1970 - 17 Februarie 1981 Nicolaas Franciscus Petrus Burger, 15 Oktober 1965 - 1969 Lucius Dreyer, 1970 - 1974 (opdrag: hospitaalleraar) Dr. Johannes Jochemus Koornhof, 11 Oktober 1981 - 1991 (het sy emeritaat aanvaar op 18 Mei 2014 in die NG gemeente StellenboschAmptelike nuus , Kerkbode, 6 Junie 2014. URL besoek op 9 Junie 2014.) Dr. Marthinus Hermanus Heyns, 1992 - 2006 Dr. Casparus Johannes (Cas) Wepener, 22 Julie 2007 - 2010 Dr. Tiana Bosman, 31 Oktober 2010 - 2017 Helgard Pretorius, 14 Oktober 2018 - hede
Bronne Olivier, ds. P.L. (samesteller), Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952.
Verwysings
Sien ook Ds. H.P.M. Steyn
Eksterne skakels Die gemeente se webtuiste kan besoek word by: www.pinelandsngkerk.org/ Twee gemeentes steek 'n brug oor, Kerkbode, 4 Maart 2016. URL besoek op 19 Maart 2016.
Kategorie:Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika