éF-éL was 'n Afrikaanse rock-groep. Die groep se naam is afgelei van die naam van hulle vorige Engelse musiekgroep, Finally Legalised. Die vorige naam is verkort tot F.L en het toe later éF-éL geword. Hulle is in 2006 as wenner van die Jip Rockspaaider-kompetisie aangewys.
Groeplede Fritz Bucker (sang en elektriese kitaar) Naas van Jaarsveld (agtergrondsanger en hoofkitaar) Louw Lensley (agtergrond en baskitaar) Jurian Bezuidenhout (tromme). 2005-2008 Hugo Brand (agtergrond - sanger en tromme) 2008-2011
Diskografie 2007: Veiligheid eerste 2008: Net om die geraas in te asem
Verwysings
Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musiekgroepe
Eksterne skakels
Kategorie:Suid-Afrikaanse musiekgroepe