Neil Joseph William Sandilands (gebore 1 Mei 1975) is 'n Afrikaanse akteur. Hy is bekend vir sy rol as Bart Kruger in die SABC2 sepie 7de Laan en vir sy rol in kykNET se dramareeks Orion. Sy eerste internasionale blootstelling was met die rolprent Proteus waarin hy die rol van die gevaarlike 18de eeuse Nederlandse seevaarder speel wat op Robbeneiland aangehou word vir sodomie.

Sandilands verwerf sy B.A.-graad in 1996 aan die Randse Afrikaanse Universiteit.Who's Who SA , besoek op 26 April 2010.

Filmografie Meester (1990) TV-reeks, as Bertus Conradie. Regie: Annie Basson Konings (1991) TV-reeks, as Dolf Groenewald. Regie: David Lister Carpe Diem (1995) TV-reeks, as Wynand. Regie: Bob Riley Soutmansland (1999) TV-reeks 7de Laan (2000) TV-sepie, as Bart Kruger (eienaar van die deli). Proteus (2003) Film, as Rijkhaart Jacob. Regie: John Greyson Snitch (2004) TV-reeks, as Jan Pieter Jozi-H (2006) (een episode) Orion (2006) Afrikaanse TV-reeks, as Zatopek van Heerden. Regie: Gerrit Schoonhoven Feast of the Uninvited (2008) TV-reeks, as Daantjie van Wyk. Regie: Katinka Heyns Unsung Hero (2009) Gasspeler. Regie: Norman Maake Binnelanders (2009) Sepie. PJ Bellingham Jakhalsdans (2010) Film, as Dawid le Fleur. Regie: Darrell Roodt Die ballade van Robbie de Wee (2013) Film, as Len van Jaarsveld. Regie: Darrell Roodt Musiek vir die Agtergrond (2013) Hap and Leonard (2016) TV-reeks, as Paco. Regie: Jim Mickle The 100 (2016) TV-reeks, as Titus. Ontwikkelaar: Jason Rothenberg The Flash (2017) (reeks 4) TV-reeks, as Clifford DeVoe, ook bekend as The Thinker. News of the World (2019) Film, as oom Wilhelm Leonberger (teenoor Tom Hanks) Sweet tooth (2021) TV-reeks, as generaal Steven Abbot. Vervaardiger: Robert Downey jr. Thanks Dad; Kortfilm. Regie: Hein de Voss Silas en die Ysbeer op Tafelberg (2026) as Van Hunks

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Geboortes in 1975 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprentregisseurs Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprentvervaardigers Kategorie:Alumni van die Randse Afrikaanse Universiteit