Salvador Dalí was 'n Spaanse kunstenaar en een van die belangrikste skilders van die 20ste eeu. Sy lewensloop begin met sy geboorte op 11 Mei 1904, in Katalonië, Spanje, alhoewel daar 'n paar gebeurtenisse vóór sy geboorte plaasgevind het wat tot sy bestaan gelei het.
Sy moeder: Felipa Domènech Ferrés Felipa Domènech Ferrés (1874 – 6 Februarie 1921) was die moeder van die surrealistiese kunstenaar Salvador Dalí. Felipa Domenech was die eerste kind van Anselm Domenech Serra, wat in 1887 op sewe-en-veertig jarige ouderdom gesterf het, en Maria Anna Ferres Sadurni. Haar vader was 'n kramery invoerder wat ekstensief in Frankryk gereis het. Felipa se geboorte is in 1877 gevolg deur die van haar broer Anselm en haar suster Catalina in 1884.The New York Times, Books: The Shameful Life of Salvador Dali By IAN GIBSON, besoek op 16 Junie 2007
Felipa Domènech is op 29 Desember 1900 met Dalí se vader, Salvador Dalí i Cusí, 'n middelklas-advokaat en notaris,Llongueras, Lluís. (2004) Dalí, Ediciones B — Mexico. . in Barcelona in die Nuestra Senora de la Merced kerk getroud. Die egpaar het in Figueres gewoon en Felipa, was na 'n paar weke na die huwelik reeds verwagtend met hulle eerste kind, Salvador Dalí se ouer broer, wat ook Salvador genoem is. Die eerste Salvador is op 12 Oktober 1901 gebore. Hy sterf egter op 1 Augustus 1903 aan gastro-enteritis, nege maande voor die geboorte van die beroemde kunstenaar op 11 Mei 1904. Felipa skenk in 1907 geboorte aan die kunstenaar se suster Anna Maria. Op vyfjarige ouderdom het Dalí se ouers hom na sy broer se graf geneem en aan hom vertel dat hy die reïnkarnasie van sy broer was, iets wat Dalí mettertyd begin glo het.Salvador Dalí biografie by astrodatabank.com. Laaste besoek op 30 September 2006. Ana Maria sou die model wees vir baie van Dalí se skilderye totdat hy sy vrou Helena Diakonova, wat as "Gala" sou bekend staan, ontmoet het. Ana Maria het in 1949 'n boek gepubliseer met die titel Salvador Dali, Visto Por Su Hermana (Dalí Soos Gesien Deur sy Suster). Die uitgee van die boek sou tot 'n breuk in die verhouding tussen broer en suster lei aangesien Ana Maria se biografie nie ooreengekom het met Dalí se eie weergawe wat hy versigtig gekonstrueer het nie.Figure at a Window (1925), besoek op 16 Junie 2007
Felipa Domènech was afkomstig uit 'n gesien wat versierde waaiers, dosies en ander objets d'art verkoop het. Na haar huwelik met Salvador Dalí i Cusí het sy opgehou om in die familiebesigheid te werk maar sou haar jong seun amuseer deur was figure uit gekleurde kerse te maak. Sy het ook sy kreatiwiteit ondersteun en was blykbaar trots op dié se kindertekeninge.The Smithsonian Magazine, The Surreal World of Salvador Dalí, besoek op 16 Junie 2007
Felipa was 'n vrome katoliek, terwyl Dalí se vader 'n geswore ateïs was. Dalí sou aanvanklik sy vader se oortuiginge aanneem. Hoewel hy nooit besonder godsdienstig sou word nie het hy later godsdienstige temas in sy kuns gebruik. In 1958 is hy 'n ontmoeting met Pous Pius XII gegun waartydens hy 'n klein replika van Die Madonna van Lligathawe oorhandig het. Hy het ook probeer om pouslike toestemming te kry om met sy metgesel Gala Eluard te trou en van tyd tot tyd nagmaal bygewoon.Elizabeth Lev, Salvador Dalí Visions, salvador-dali. net/_eng/_articulos/articulo_ver.asp?id=406 Rome's Impact on Dalí; a Font Reborn, besoek op 16 Junie 2007
Felipa Domenech sterf op 6 Februarie 1921 aan kanker.Salvador Dali's biography Part 1: 1904–1934 Besoek op 16 Junie 2007. Haar man en Dalí se vader, Salvador Dalí i Cusí, trou die volgende jaar met haar jonger suster Catalina.ART in the PICTURE .com – Artists – Salvador Dali – Biography, besoek op 16 Junie 2007
Die jong Dalí, wat toe slegs 16 was, is diep getref deur Felipa se dood. In sy outobiografie skryf hy: "Dit was die grootste terugslag wat ek in my lewe ondervind het, ek het haar aanbid. . . . Ek het aan myself belowe dat ek my moeder uit die dood en lotsbestemming sou gryp met die swaarde van lig wat eendag wild om my glorieryke naam sou skyn!" Agt jaar na haar dood sou hy egter 'n buitelyn van Christus in 'n inktekening skets waaroor hy woorde sou krap waarin hy skryf oor spoeg op sy moeder se portret. Dalí se bedoeling was egter waarskynlik om 'n antigodsdienstige stelling te maak eerder as om sy moeder te beledig. Sy vader was egter erg verontwaardig en het hom sy huis belet.
Sy vader: Salvador Dalí i Cusí Salvador Dalí i Cusí (25 Oktober 1872 – 21 September 1950) was die vader van die beroemde kunstenaar Salvador Dalí.
Salvador Dalí i Cusí was die oudste seun van Gal Josep Salvador en Teresa Cusi Marco. Sy jonger broer Rafael Narciso Jacinto is op 23 Januarie 1874 gebore. Hy het ook 'n suster, Aniceta Francisca Ana, gehad wat op 25 Julie 1871 gebore is, maar voor hy gebore is, gesterf het. Salvador Dalí i Cusí se moeder, Teresa Cusi Marco, was reeds getroud toe sy en Gal Josep Salvador begin uitgaan het. Die dogter en twee seuns is dan ook buite die eg gebore en die egpaar het eers getrou nadat Teresa se vervreemde man, Pedro Berta, twee maande na Rafael Narciso Jacinto gebore is, oorlede is. Dit is egter van die nageslagte weerhou.
Salvador Dalí i Cusí en sy broer is op die visserdorpie Cadaques, Opper-Emporda in Katalonië, gebore en het tot hy tien was daar gebly. Omstreeks 1881 het Gal Dali die gesin egter na Barcelona laat trek; oënskynlik omdat hy die tramuntana nie meer kon verdra nie. Die tramuntana was 'n hewige Noordewind wat deel was van die lewe in Opper-Emporda. 'n Ander rede vir die verhuising, was moontlik dat Salvador, wat toe tien was, in September 1882 met sy bachillerato (baccalaureat) moes begin wat slegs moontlik was aan 'n sekondêre staatskool. In Barcelona het Gal Dali die meeste van sy geld op die aandelebeurs belê. Nadat die beurs in duie gestort het en Gal groot geld verloor het, pleeg hy in April 1886 op ses-en-dertig-jarige ouderdom selfmoord.
Die broers Salvador en Rafael het hulle aangesluit by ondersteuners van 'n federale bedeling vir Katalonië en was vurige voorstanders van die Katalaanse taal. Albei was ook uitgesproke anti-kerklike ateïste. Salvador het veertig jaar later sy standpunt tydens die Spaanse Burgeroorlog verander waarna hy 'n vurige Katoliek geword het. Die broers het hulle Katalaanse passie aan hulle kinders, Salvador Dalí Cusi, Salvador en Anna Maria Dalí en hulle niggie, Rafael se dogter Montserrat Dali.
Salvador Dalí Cusi het sy bachillerato in Oktober 1888 voltooi en by die regsfakulteit aan die Universiteit van Barcelona ingeskryf terwyl sy broer twee jaar later medies begin studeer het. In 1893 ontvang Salvador Dali Cusi sy graad in die regte waarna hy 'n tyd lank in die aktekantoor werk en deeltyds vir die Serraclara-familie. In 1898 slaag sy aansoek om notaris te word. In April 1900 slaag hy word hy na aanmoediging van 'n skool en universiteitsvriend, Josep (`Pepito') Pichot Girones, notaris in Figueres.
Op 29 Desember 1900 trou Salvador Dalí i Cusí met Felipa Domènech Ferrés, die dogter van 'n krameryinvoerder in Barcelona in die Nuestra Senora de la Merced-kerk. Die egpaar het in Figueres gewoon en Felipa, was na 'n paar weke na die huwelik reeds verwagtend met hulle eerste kind, Salvador Dalí se ouer broer, wat ook Salvador genoem is. Die eerste Salvador is op 12 Oktober 1901 gebore. Hy sterf egter op 1 Augustus 1903, nege maande voor die geboorte van die beroemde kunstenaar op 11 Mei 1904. Felipa skenk in 1907 geboorte aan die kunstenaar se suster Anna Maria. Op vyfjarige ouderdom het Dalí se ouers hom na sy broer se graf geneem en aan hom vertel dat hy die reïnkarnasie van sy broer was, iets wat Dalí mettertyd begin glo het. Ana Maria sou die model wees vir baie van Dalí se skilderye totdat hy sy vrou Helena Diakonova, wat as "Gala" sou bekend staan, ontmoet het. Ana Maria het in 1949 'n boek gepubliseer met die titel Salvador Dali, Visto Por Su Hermana (Dalí Soos Gesien Deur sy Suster). Die uitgee van die boek sou tot 'n breuk in die verhouding tussen broer en suster lei aangesien Ana Maria se biografie nie ooreengekom het met Dalí se eie weergawe wat hy versigtig gekonstrueer het nie.
Salvador Dalí i Cusí se vrou Felipa Domenech sterf op 6 Februarie 1921 aan kanker. Hy trou die volgende jaar met haar jonger suster Catalina Domènech Ferrés.
In die somer van 1929 ontmoet die jonger Salvador Dalí sy toekomstige vrou en lewensmaat, Helena Diakanoff Devulina, beter bekend as Gala. Gala was op die stadium getroud met Paul Éluard. Salvador Dalí i Cusí was ontsteld oor die verhouding wat tussen Gala en die jonger Dalí ontwikkel het en sy seun se eksentrieke gedrag, dat hy om beskryf het as "'n verdorwe seun waarop jy nie vir enige iets kan vertrou nie". Salvador Dalí i Cusí verban sy kunstenaarseun permanent uit die familiehuis.Stanley Meisler, The Smithsonian Magazine, The Surreal World of Salvador Dalí, besoek op 16 Junie 2007
In 1948 is Salvador Dalí i Cusí met sy dogter Anna Maria versoen.
Salvador Dalí Vroeë lewe Dalí is gebore op 11 Mei 1904, 08:47 v.m. (MGT)Volgens sy geboorte sertifikaat. Salvador Dalí astrological chart by astrotheme.fr. Laaste besoek op 30 September 2006. in die dorp Figueres, in die Empordà-streek naby die Franse grens in Katalonië, Spanje.Dalí, The Secret Life of Salvador Dalí, 1948, London: Vision Press, bl.33 Dalí se ouer broer, ook genaamd Salvador (*12 Oktober 1901), het nege maande tevore op 1 Augustus 1903 aan gastro-enteritis gesterf. Sy vader, Salvador Dalí i Cusí, was 'n middelklas-advokaat en notaris.Llongueras, Lluís. (2004) Dalí, Ediciones B — Mexico. . Salvador Dalí i Cusí is op 29 Desember 1900 met Dalí se moeder Felipa Domenech getroud in Barcelona in die Nuestra Senora de la Merced kerk. Op vyfjarige ouderdom het Dalí se ouers hom na sy broer se graf geneem en aan hom vertel dat hy die reïnkarnasie van sy broer was,Salvador Dalí. SINA.com. Laaste besoek op 31 Julie 2006. iets wat Dalí mettertyd begin glo het. Van sy broer het Dalí gesê: "...[ons] het op mekaar gelyk soos twee druppels water, maar ons het verskillende weerkaatsings gehad" en "hy was tien teen een 'n eerste weergawe van myself, maar te veel in die absolute voorgestel".Oorspronklik aanhalings: "...[we] resembled each other like two drops of water, but we had different reflections." en " [he] was probably a first version of myself but conceived too much in the absolute." uit: Dalí, Secret Life. bl. 2
Dalí het ook 'n suster gehad, Ana Maria, wat drie jaar ouer as hy was. Sy het in 1949 'n boek gepubliseer met die titel Salvador Dali, Visto Por Su Hermana ("Salvador Dalí, soos gesien deur sy suster). Dalí se jeugvriende het die toekomstige sokkerspelers Emilio Sagi Liñan en Josep Samitier ingesluit: tydens vakansies by die Katalaanse oord Cadaqués, het die drie gereeld saam sokker gespeel.
Dalí het as kind 'n tekenskool bygewoon. In 1916 het hy ook moderne skilderkuns ontdek tydens 'n somervakansie by Cadaqués saam met die familie van Ramon Pichot, 'n plaaslike skilder wat gereelde uitstappies na Parys onderneem het. In die volgende jaar, 1917, het Dalí se pa 'n uitstalling van sy houtskooltekeninge by hul familiehuis gereël. Sy eerste openbare uitstalling was in die Munisipale Teater in Figueres in 1919.