Sorina Erasmus is 'n Afrikaanse aktrise en sangeres.

Haar debuutalbum, Engel met 'n Angel is in 2007 deur RMD vrygestel. Daarna het EMI twee verdere albums van haar vrygestel, genaamd: Hoezit my Tjomma, en die nuutste album, Ek watch jou.Engel los nie haar angel by die huis, Beeld, 12 April 2008.

Sy speel die rol van die Witbank-flooze in SABC2 se sepie, 7de Laan. Sy was ook in KykNET se dramareeks Dryfsand te sien, waar sy die rol van die bibliotekaresse en dominatriks vertolk het.

Diskografie Engel met 'n Angel, 2007, RMD Hoezit my Tjomma, 2009, EMI Ek watch jou, 2011, EMI

Filmografie 7de Laan (TV-reeks) as die Witbank-flooze Dryfsand (TV-reeks) as die bibliotekaresse en dominatriks Fundis, veeltalige TV-vasvraprogram (2017)

Verwysings

Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musikante

Eksterne skakels Sorina se amptelike webtuiste

Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 21ste eeu