Andrzej Witold Wajda (Pools: [ˈandʐɛj ˈvajda]; * 6 Maart 1926 in Suwałki, Pole; † 9 Oktober 2016 in Warskou, Pole) was 'n Poolse teater- en filmregisseur.

Wajda is een van die bekendste verteenwoordigers van die sogenaamde Poolse filmskool wat veral tussen 1955 en 1963 aktief was. Sy lewenswerk, wat met 'n ere-Oscar bekroon is, sluit onder meer die bekende oorlogstrilogie (Pokolenie, 1955; Kanał, 1957; en Popiół i diament, 1958) asook Pan Tadeusz (1999) en Katyń (2007) in.

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Poolse rolprentregisseurs Kategorie:Geboortes in 1926 Kategorie:Sterftes in 2016