Die NG gemeente Fort Jameson was 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Zambië op die dorp wat na onafhanklikheid na Chipata herdoop is.

Die gemeente is in 1954 van die NG gemeente Lusaka afgestig. Die enigste leraars waarvan die beskikbare bronne getuig, is ds. Wouter Hugo de Vos, wat hier gearbei het van 1954 tot 1958, en ds. Matthys Johannes de Villiers Delport, 1959 tot 1962. In Ons gemeentelike feesalbum is daar sprake van 'n ds. J.C. Botha wat op 8 Maart 1947 van Fort Jameson af na die gemeente Vanstadensrus in die Vrystaat beroep is, maar dit was voor Fort Jameson afgestig het. Ds. Jacobus Cornelius Christoff Pauw het van 1948 tot 1954 die plaaslike sendinggemeente bedien.

Enkele leraars Johannes Cornelis Botha, 1945 - 1947 Jacobus Cornelis Christoffel Pauw, 1947 - ? Wouter Hugo de Vos, 1954 - 1958 Matthys Johannes de Villiers Delport, 1959 - 1962

Sien ook NG Kerk in Zambië Sinode van Midde-Afrika

Eksterne skakel Chipata-gegewens op DRCZ Lusaka se webwerf

Fort Jameson