Ariarathes III (Grieks: Ἀριαράθης) was van 262/255 v.C tot 220 v.C koning van Kappadosië. Hy was die seun van sy voorganger, Ariamnes, en het saam met sy pa regeer terwyl dié nog gelewe het. Hy was getroud met ’n dogter van Antiochus II, koning van Sirië. Hy was betrokke in ’n oorlog teen Seleukos II en het Kappadosië uitgebrei deur Kataonië by sy afhanklike state te voeg.
Verwysings Hazel, John. Who's Who in the Greek World, "Ariarathes III", 1999 Head, Barclay. Historia Numorum, "Cappadocia", 1911 Smith, William (red.). Dictionary of Greek and Roman Biography and Mythology, "Ariarathes III" , Boston, 1867 20px|linksHierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Konings van Kappadosië