duimnael|'n SAMA Die Suid-Afrikaanse Musiekpryse (Engels: South African Music Awards) is 'n jaarlikse seremonie waartydens Suid-Afrikaanse musikante met pryse vereer word. Die seremonie word deur die Recording Industry of South Africa (RiSA) gereël. Die wenner van elke afdeling ontvang 'n beeldjie wat 'n SAMA genoem word. Die geleentheid is vir die eerste keer in 1995 aangebied. Benoemings word vroeg in die jaar gemaak op grond van die vorige jaar se prestasies. Die vertoning word meestal by die Superbowl in Sun City aangebied, maar is ook al by die Sandton-konferensiesentrum, Montecasino in Fourways en die Inkosi Albert Luthuli Internasionale Konferensiesentrum in Durban aangebied. Dit word gewoonlik op nasionale televisie uitgesaai, met regstreekse optredes deur mense wat vir pryse benoem is. Die Suid-Afrikaanse Musiekpryse is soortgelyk aan die Grammy-pryse wat in die Verenigde State van Amerika aangebied word.

Pryse Sedert die 21ste Suid-Afrikaanse Musiekpryse van 2015, is daar 'n totaal van ses-en-dertig kategorieë wat toegeken word. Hierdie kategorieë verander van jaar na jaar om veranderinge in musiekstyle en veranderinge in gewildheid van genres te akkommodeer. Hierdie generes sluit in Volwasse Kontemporêr, Afrikaans, Klassiek, Dans, Geloof, Jazz, Kwaito, Maskandi, Pop, Rap, Reggae, RnB, Rock, Soul en Tradisionele musiek.

Somtyds word genres saam in 'n enkele kategorie gegroepeer op grond van hul gewildheid onder 'n sekere demografie, byvoorbeeld Hip Hop, Afrikaanse pop en kwaito-kunstenaars word dikwels saam gegroepeer as stedelike kunstenaars omdat hierdie genres baie gewild is onder Suid-Afrikaners wat in stedelike gebiede woon.

Slegs Suid-Afrikaanse burgers en permanente inwoners van Suid-Afrika kan in aanmerking kom vir 'n SAMA-nominasie. Die toekenning van pryse word grootliks deur 'n komitee bepaal, maar sommige pryse word bepaal word deur stemme van die publiek, per SMS.

1ste Suid-Afrikaanse Musiekpryse (1995) duimnael|200px|regs| Die Soweto-strykkwartet was die nuweling van die jaar by die 1ste SAMA-pryse in 1995 Die prysuitdeling van die eerste Suid-Afrikaanse Musiekpryse het in 1995 plaasgevind.

Van die wenners sluit in: Johannes Kerkorrel – Beste rockalbum vir Cyanide In The Beefcake. Prophets of the City – Beste kletsrymalbum vir Phunk Phlow. The Soul Brothers – Beste Mbaqanga-album vir Isigebengu. Tananas – Beste jazzalbum vir Orchestra Mundo. Woza Africa – Beste koormusiekalbum vir Istokvel. Lucky Dube – Beste reggae-album vir Trinity en beste enkelsnit vir Feel Irie. Dr. Victor & The Rasta Rebels – Beste enkelsnit vir Shambala. Jabu Khanyile – Manlike kunstenaar van die jaar en liedjie van die jaar vir Mmalo-We. Brenda Fassie – Vroulike kunstenaar van die jaar vir Abantu Bayakhuluma. Soweto String Quartet – Nuweling van die jaar, beste instrumentele album en beste popalbum vir Zebra Crossing.

2de Suid-Afrikaanse Musiekpryse (1996) Die prysuitdeling van die 2de Suid-Afrikaanse Musiekpryse het in 1996 plaasgevind.

Van die wenners sluit in: Sharon Dee – Beste township-popalbum vir Local is Lekker. Vicky Sampson – Beste popalbum vir Zai en beste musiekvideo vir African Dream. The Soul Brothers – Beste Mbaqanga-album vir Indaba. Mango Groove – Beste Engelse volwasse kontemporêre album vir Eat A Mango. Joe Nina – Beste township-dansalbum vir Joy. Moses Molelekwa – Beste tradisionele jazzalbum asook beste kontemporêre album vir Finding One’s Self. Lebo M. - Manlike kunstenaar van die jaar. Vicky Sampson – Vroulike kunstenaar van die jaar vir African Dream. Qkumba Zoo – Nuweling van die jaar vir The Child (Inside).

3de Suid-Afrikaanse Musiekpryse (1997) duimnael|200px|regs| Sibongile Khumalo was die vroulike kunstenaar van die jaar by die 3de SAMA in 1997 Die prysuitdeling van die 3de Suid-Afrikaanse Musiekpryse het op 26 April by die Johannesburgse burgersentum plaasgevind. Saksofoonspeler West Nkosi is vereer met 'n SAMA-prys vir uitstaande bydrae tot plaaslike musiek en Joseph Shabalala in vereer met 'n SAMA-prys vir 'n leeftyd se bydrae tot plaaslike musiek.

Van die wenners sluit in: The Soul Brothers – Beste Mbaqanga-album vir Umshado. Lieze Stassen – Beste Afrikaanse kontemporêre album vir Thula. Soweto-strykkwartet – Beste instrumentele album vir Renaissance. Harley and the Rasta Family – Beste reggae-album vir Harley and the Rasta Family. Bob Mabena – Beste kletsrymalbum vir Funkier – The Remixes. Skeem – Beste township-popalbum vir Waar Was Jy? Springbok Nude Girls – Beste rockprestasie vir die enkelsnit It Became A Weapon. Coleske – Beste Engelse volwasse kontemporêre album. Johannes Kerkorrel – Manlike kunstenaar van die jaar en beste Afrikaanse kontemporêre album vir Ge-trans-for-meer. Sibongile Khumalo – Vroulike kunstenaar van die jaar en beste volwasse kontemporêre album vir Ancient Evenings. Ladysmith Black Mambazo – Duo of groep van die jaar vir Ukuzala-Ukuzelula. Revolution – Nuweling van die jaar.

4de Suid-Afrikaanse Musiekpryse (1998) duimnael|200px|regs| Yvonne Chaka Chaka, vroulike kunstenaar van die jaar in 1998 Die prysuitdeling van die vierde Suid-Afrikaanse Musiekpryse het in 1998 by die Johannesburgse burgersentum plaasgevind. Die aanbieders was Zandi Nhlope en Eric Miyene.

Van die wenners sluit in: The Soul Brothers – Beste Mbaqanga-album vir Idlozi. Ringo Madlingozi – Beste volwasse kontemporêre album vir Sondelani. Ratau Mike Makhalemele – Beste tradisionele jazzalbum vir Searching For The Truth. POC – Beste kletsrymalbum vir Ghetto Code. Sugardrive – Beste rockalbum vir Sand.Man.Sky. Vusi Mahlasela – Manlike kunstenaar van die jaar vir Silang Mabele. Yvonne Chaka Chaka – Vroulike kunstenaar van die jaar. The Usual – Duo of groep van die jaar. Jimmy Dludlu – Nuweling van die jaar en beste kontemporêre jazzalbum vir Echoes From The Past.

5de Suid-Afrikaanse Musiekpryse (1999) Die prysuitdeling van die 5de Suid-Afrikaanse Musiekpryse het op 18 Mei 1999 in die Superbowl te Sun City plaasgevind. TKZee is met vier SAMA-pryse vereer, onder andere beste groep van die jaar.

Van die wenners sluit in: The Soul Brothers – Beste Mbaqanga-album vir Amanikiniki. Nico van Rensburg – Beste Boeremusiekalbum vir Legende. Lee – Beste musiekvideo vir Byala Bya Xintu deur Jeff Maluleke. Soweto String Quartet – Beste instrumentele album vir Millenia. Winston Mankunku Ngozi – Beste tradisionele jazzalbum vir Molo Africa. Moses Taiwa Molelekwa – Beste kontemporêre jazzalbum vir Genes & Spirits. Lionel Bastos – Beste Engelse kontemporêre album vir Simple. Lucas Maree – Beste Afrikaanse kontemporêre album vir Mot om die Kers. Karma – Beste popalbum vir One Day Soon. Battery 9 – Beste rockalbum vir Wrok. M.I.C. - Beste kontemporêre dansalbum vir Millenium...Gone and Beyond. DJ's at Work – Beste populêre dansalbum vir DJ's at Work. Ringo Madlingozi – Manlike kunstenaar van die jaar vir Mamelani. Brenda Fassie – Vroulike kunstenaar van die jaar vir Memeza en liedjie van die jaar vir Vul'indlela. TKZee – Duo of groep en beste kwaitoalbum van die jaar vir Halloween. TKZee en Benni – Beste kwaito-enkelsnit vir Halloween en beste algehele enkelsnit vir Shibobo. Tasché – Nuweling van die jaar vir Tasché.

6de Suid-Afrikaanse Musiekpryse (2000) duimnael|200px|regs| Jimmy Dludlu, manlike kunstenaar van die jaar in 2000 Die prysuitdeling van die 6de Suid-Afrikaanse Musiekpryse het op 30 Maart 2000 in die Superbowl te Sun City plaasgevind. Busi Mhlongo en Ladysmith Black Mambazo het onderskeidelik met drie SAMA-pryse weggestap terwyl Brenda Fassie en Jimmy Dludlu elk met twee pryse vereer is. Jonas Gwangwa, Caiphus Semenya, Hugh Masekela, Nico Cartstens en Dan Hill is vereer met SAMA-pryse vir 'n leeftyd se bydrae tot plaaslike musiek. Die aanbieder was Martin Jonas.

Van die wenners sluit in: The Soul Brothers – Beste Mbaqanga-album vir Isigqebhezana. Brenda Fassie – Liedjie van die jaar vir Nomakanjani. Springbok Nude Girls – Beste rockalbum vir Surpass the Powers. Sugardrive – Beste pop/rockenkelsnit vir A Single and some remixes. Themba Mkhize – Beste tradisionele jazzalbum vir Tales From The South. E'smile – Beste R&B-album vir Beautiful Thing. M'du – Beste kwaitoalbum vir 24Seven. Deepak Ram – Beste instrumentele album vir Searching For Satyam. Lucky Dube – Beste reggae-album. Wendy Oldfield – Beste popalbum vir On A Pale Blue Dot. Jimmy Dludlu – Manlike kunstenaar van die jaar vir Essence of Rhythm. Busi Mhlongo – Vroulike kunstenaar van die jaar vir Urban Zulu. Ladysmith Black Mambazo – Duo of groep van die jaar. Gloria Bosman – Nuweling van die jaar vir Tranquility.

7de Suid-Afrikaanse Musiekpryse (2001) duimnael|200px|regs| Miriam Makeba was die vroulike kunstenaar van die jaar in 2001 Die prysuitdeling van die 7de Suid-Afrikaanse Musiekpryse het op 5 April 2001 in die Sandton-konferensiesentrum plaasgevind. Letta Mbulu, Dr. Philip Tabane, Dolly Rathebe en Dorothy Masuka is vereer met SAMA-pryse vir 'n leeftyd se bydrae tot plaaslike musiek. The Soul Brothers wen die prys vir die beste Mbaqanga-album vir Intombi Yami, 'n prys wat hulle vir die afgelope sewe jaar gewen het.

Van die wenners sluit in: Nico van Rensburg – Beste Boeremusiekalbum vir So Speel Ons. Tony Cox – Beste instrumentale album vir Matabele Ants. Mandoza – Beste kwaitoalbum vir Nkalakatha. Coleske – Beste Engelse volwasse kontemporêre album en beste popalbum vir Faith In Love. Lebo – Beste dansalbum vir Dream. Brenda Fassie – Beste albumverkoper vir Amadlozi. Om te Breyten – Beste Afrikaanse kontemporêre album met met verskeie kunstenaars. Springbok Nude Girls – Beste rockalbum vir Relaxzor. Tk – Beste R&B-album vir Tko. Dq (Deo Quorum) – Beste pop/rockenkelsnit vir Friend. Lebo – Beste dansenkelsnit vir Intro. Tkzee Family – Beste kwaitoenkelsnit vir Izinja Jam. Leigh Ogilvie – Beste musiekvideo vir Amatsheketshe deur Bayete Don Laka – Manlike kunstenaar van die jaar vir Pyramid. Miriam Makeba – Vroulike kunstenaar van die jaar vir Homeland. Bayete and Jabu Khanyile – Duo of groep van die jaar vir Thobekile. Selaelo Selota – Nuweling van die jaar vir Painted Faces.

8ste Suid-Afrikaanse Musiekpryse (2002) duimnael|200px|regs| Judith Sephuma, vroulike kunstenaar van die jaar in 2002 Die prysuitdeling van die 8ste Suid-Afrikaanse Musiekpryse het op 13 April 2002 in die Superbowl te Sun City plaasgevind. David Gresham, Albert Ralulimi en Princess Magogo KaDinuzulu is vereer met SAMA-pryse vir 'n leeftyd se bydrae tot plaaslike musiek. Die aanbieders was Vusi Twala en Unathi Mankayi.

Van die wenners sluit in: Ernie Smith – Nuweling van die jaar en beste Engelse volwasse kontemporêre album vir Lovely Things Sunways – Beste rockalbum vir The Moon is a Spoon. Anton Goosen – Beste Afrikaanse kontemporêre album vir Vis innie bos. Mandoza – Liedjie van die jaar en beste musiekvideo van die jaar vir Godoba. Tlokwe Sehume – Beste Pedi-album vir Ba Utlwile. Afrida Marimba Band – Beste instrumentale album vir Buyela Ekhaya. Jimmy Dludlu – Manlike kunstenaar van die jaar vir Afrocentric. Judith Sephuma – Vroulike kunstenaar van die jaar vir A Cry, A Smile, A Dance. Bongo Maffin – Duo of groep van die jaar vir Bongolution.

9de Suid-Afrikaanse Musiekpryse (2003) duimnael|200px|regs| Hugh Masekela, beste manlike kunstenaar van die jaar in 2003 Die prysuitdeling van die 9de Suid-Afrikaanse Musiekpryse het op 6 April 2003 in die Superbowl te Sun City plaasgevind. Die groep Mafikizolo en die gemaskerde kwaitoster Mzekezeke het elk twee pryse ingepalm.

Van die wenners sluit in: KB – Beste R&B-album. Kabelo – Beste kwaitoalbum vir Rebel with a Cause. Boo! – Beste popalbum. McCoy Mrubata – Beste tradisionele jazzalbum vir Face The Music. Sheer All Stars – Beste kontemporêre jazzalbum vir Dance with me. Linda Kekana – Beste jazzsangalbum vir I am an African. Melanie Lowe en Ezra Lingeveldt – Beste enkelsnit vir Cabin Fever. Phuzekhemisi – Beste Maskandi-album for Amakhansela.