Miems de Bruyn (6 Mei 1922 - 14 April 2010) was 'n bekende Afrikaanse aktrise, radiopersoonlikheid en stemkunstenaar.
Sy het bekendheid verwerf met haar rol as Tant Kriekie in Nommer Asseblief!, een van die eerste Afrikaanse sitkoms, wat in die 1970's uitgesaai is. Sy was ook in 7de Laan te sien waar sy die rol van Tannie Ans Rademan gespeel het. In Maart 2010 is sy deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir haar teater- en televisiewerk vereer.Miems de Bruyn vier 86ste verjaardag , Die Burger, 6 Mei 2008.
De Bruyn is op 14 April 2010 op 87-jarige ouderdom aan maagkanker oorledeMiems de Bruyn sterf na kankerstryd, ofm.co.za, besoek op 14 April 2010. Sy laat 4 dogters en 9 kleinkinders agter. Sy het ses maande voor haar dood nog in haar laaste rolprent, Swanesang, die rol van 'n sterwende vrou vertolk.Miems speel sterwende vrou in haar heel laaste rolprent, Beeld, 18 April 2010.
Filmografie en TV-optredes Swanesang (rolprent) Binnelanders, kykNET Sewende laan as Tannie Rademan Lyklollery, 2001 Liewe Hemel, Genis!, 1987 as Johanna, Genis se vrou Nommer asseblief (1979) as Tant Kriekie
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 21ste eeu Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1922 Kategorie:Sterftes in 2010