FC Bremerhaven is 'n sokkerklub uit Bremerhaven in die deelstaat Hansestad Bremen in Duitsland.
Die klub is op 1 Junie 1899 gestig as FC Bremerhaven. Kort daarna is daar met VfB 1899 Lehe saamgesmelt om FC Bremerhaven-Lehe te vorm. Die klub was een van die stigterslede van die DFB in Leipzig in 1900. In 1917 is daar met SC Sparta Bremerhaven saamgesmelt om Bremerhaven-Lehe SC Sparta te vorm, maar na 1919 het die klubs weer elkeen hulle eie gang gegaan.
Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub deur die Geallieerdes ontbind, tesame met al die ander sportklubs in die stad. 'n Gekombineerde Bremerhavense klub is in 1945 opgerig genaamd SG Lehe-Nord en die naam is twee jaar later verander na ATS Bremerhaven. In 1953 is VfB Lehe weer gevorm uit die klub.
Die oorspronklike (huidige) naam is weer in 1992 aangeneem nadat ontevrede lede van die vervloë klub TuS Bremerhaven 93, wat in 1977 met OSC Bremerhaven saamgesmelt het, by die klub aangesluit het.
Die klub het al by vyf geleenthede die hoofrondte van die DFB-Pokal gehaal en die beste prestasie was om in 1976 die tweede rondte te haal, waar hulle met 3-1 deur VfL Bochum uitgeskakel is.
Onlangse ligaposisionering
1991-92 (IV) Verbandsliga Bremen 3de 1992-93 (IV) Verbandsliga Bremen 1ste 1993-94 (IV) Verbandsliga Bremen 1ste 1994-95 (III) Regionalliga Noord 16de 1995-96 (IV) Oberliga N-S/Bremen 9de 1996-97 (IV) Oberliga N-S/Bremen 13de 1997-98 (IV) Oberliga N-S/Bremen 5de 1998-99 (IV) Oberliga N-S/Bremen 1ste 1999-00 (III) Regionalliga Noord 17de 2000-01 (IV) Oberliga N-S/Bremen 16de 2001-02 (V) Verbandsliga Bremen 1ste 2002-03 (IV) Oberliga N-S/Bremen 18de 2003-04 (V) Verbandsliga Bremen 2de 2004-05 (V) Verbandsliga Bremen 4de 2005-06 (V) Verbandsliga Bremen 2de 2006-07 (V) Verbandsliga Bremen 2de 2007-08 (V) Verbandsliga Bremen 1ste 2008-09 (V) Oberliga Bremen 2de 2009-10 (V) Oberliga Bremen
Eksterne skakels Amptelike klubwerf The Abseits Guide to German Soccer
Oberliga Bremen 2009/10-seisoen Blumenthaler SV – VfL 07 Bremen – SV Werder Bremen III – SV Türkspor Bremen-Noord – Bremer SV – FC Bremerhaven – OSC Bremerhaven – Brinkumer SV – SV Grohn - Habenhauser FV – TSV Blouwit Melchiorshausen – FC Oberneuland II – TSV Osterholz-Tenever - TuS Schwachhausen – SG Aumund Vegesack – TSV Wulsdorf
Kategorie:Bremen Bremerhaven