Margaretha (Greta) Bahnemann (née Jones) (gebore 29 September 1965 - oorlede 4 April 1992) was 'n bekende Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer wat reeds op sesjarige ouderdom haar eerste langspeelplaat gemaak het. Sy was die dogter van die oorlede Philippus (Flip) Jacobus Wilhelmes Jones en Wilhelmina O'Grady. Sy het gematrikuleer aan Potchefstroom Gimnasium. Sy was getroud met Werner Fritz Bahnemann. Sy is in 1989 deur die ATKV as wenner van die Crescendo-sangkompetisie aangewys. Jones het ook die temaliedere van die TV-reeks Mooirivier en die rolprent Nag van die negentiende gesing. Op 4 April 1992 is sy op 26-jarige ouderdom oorlede nadat sy vermoedelik haar eie lewe geneem het.Lank lewe liefde, Beeld, 29 Januarie 1998.

Sy was 'n agterkleindogter van prof. Ferdinand Postma en sy vrou, Margaretha.

Diskografie Lank Lewe Liefde, 1991 Greta Jones, 1990 (plaat)

Verwysings

Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musikante

Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Geboortes in 1965 Kategorie:Sterftes in 1992 Kategorie:Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika