Kraaifontein is 'n groot dorp in die provinsie Wes-Kaap van Suid-Afrika.

duimnael|links|Apostoliese kerk in Kraaifontein As gevolg van Kaapstad se noordoostelike uitbreiding is die dorp nou in die Kaapstad-metropool opgeneem en word as 'n voorstad beskou.

Kraaifontein het twee hoërskole (Eben Dönges en Monument Park) en drie laerskole (Laerskool Aristea, Laerskool Fanie Theron en Laerskool Simonsberg).

Daar is twee spoorwegstasies naamlik Eikenfontein en Kraaifontein. Amptelik is daar ook 'n skietbaan vir sportbeoefening.

Plaaslike bestuur Kraaifontein se status het met verloop van tyd soos volg verander: 1957-1996: sy eie munisipaliteit 1996-2000: deel van die Oostenberg-munisipaliteit 2000 tot op hede: deel van die Kaapstad-metropool.

Wapen Die munisipale raad het in 1963 'n wapen aangeneem: In silwer, 'n rooi keper, in die skildhoof vergesel van twee heraldiese fonteine en in die skildvoet van 'n druiwetros met blare van natuurlike kleur. Die helmteken was 'n witborskraai, en die wapenspreuk "Non auro sed virtute". Schalk Pienaar het die wapen ontwerp.

Die wapen is in 1964 by die Kaapse Provinsiale Administrasie geregistreer; in 1967 formeel deur die provinsiale administrateur verleen, en in 1969 by die Buro vir Heraldiek geregistreer.Kaap de Goeie Hoop Offisiële Koerant 3245 (26 Junie 1964) en 3391 (3 Maart 1967).National Archives of South Africa: Data of the Bureau of Heraldry.

Misdaad Op Vrydag, 12 Julie 2019, is die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag onder meer in Kraaifontein ontplooi om die hoë vlakke van misdaad, wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens tot op daardie stadium nog nie onder beheer kon bring nie, te takel.

Vervoerinfrastruktuur Die N1-nasionale hoofweg gaan deur die dorp.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in die Wes-Kaap