McCoy Mrubata (gebore 1959 in Kaapstad) is 'n Suid-Afrikaanse jazz saxofoonspeler. Hy bespeel die tenoor-, soprano- en altosaxofoon asook die fluit.
Hy stel van 'n jong ouderdom al belang in musiek en begin aanvanklik met fluit. Teen 1979 begin hy om professioneel saam met 'n groep te speel. Na verskeie terugslae begin hy in 1988 'n suksesvolle loopbaan in die Verenigde Koninkryk en werk later saam met Hugh Masekela. Sedertdien behaal hy verskeie suksesse en in 2003 wen hy die Suid-Afrikaanse Musiektoekenning in die kategorie Tradisionele Jazz.
In 2007 is hy in die Suid-Afrikaanse nuus nadat sy dogter, Nonceba Mzondo, vermoor is.Independent Online se webwerf
Verwysings
Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musikante
Eksterne skakels Mccoy Mrubata se amptelike webtuiste
Kategorie:Suid-Afrikaanse jazz musikante Kategorie:Fluitspelers Kategorie:Geboortes in 1959 Kategorie:Lewende mense