Die nasionale vlag van Dominica is op 3 November 1978 amptelik in gebruik geneem met klein wysigings in 1981, 1988 en 1990. Die vlag vertoon ’n groen baan met ’n Sint Joriskruis in geel, swart en wit en ’n rooi skyf met ’n papegaai wat in die rigting van die vlagpaal kyk en tien groen sterre rondom die papegaai.

Simboliek Die kleure van die vlag het elk ’n simboliese betekenis. Geel stel die sonskyn en die eilande se hoof uitvoerprodukte (sitrusvrugte en piesangs) en is ook ’n simbool van die Carib-mense wat die eerste bewoners van die eilande was. Die wit stel die helderheid van die eilande se riviere en watervalle asook die reinheid van aspirasies voor, die swart stel die ryk grond van die eilande en die inwoners se Afrika-herkoms voor en die groen stel die land se woude en die algemene weelderigheid van die eilande voor.

Die papegaai is die nasionale embleem van Dominica en is ’n simbool van vlug na hoër hoogtes en die vervulling van aspirasies. Die papegaai simboliseer ook die nasionale seël van Dominica omdat dit op die seël ook verskyn. Die tien sterre – die tradisionele simbool van hoop – stel die tien gemeentes (eilande) van Dominica voor en het elk gelyke status wat dui op die gelyke status van al die bewoners. Die rooi skyf herinner aan sosialisme. Die geel, swart en wit bane vorm ’n driekleurige kruis wat die Drie-enigheid van God simboliseer.

Ontwerp Die vlag is ’n wysiging van ’n ontwerp deur Alwin Bully wat tydens ’n kompetisie in 1978 verkry is.

Die vlag van Dominica is net een van twee nasionale vlae wat die kleur pers bevat, die ander is die vlag van Nicaragua.

Ander vlae

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Dominica by Flags of the World.

Kategorie:Dominica Dominica