Albert Frost is 'n bekende Suid-Afrikaanse kitaarspeler en sanger. Frost het op 12-jarige ouderdom reeds begin kitaar speel. Op 17 begin hy saam met die legendariese bluesgroep, die Blues Broers te speel. Hy was ook deel van die groep Frosted Orange. Sy debuut-solo-album, Devils And Gods, is in 2009 uitgereik.CD-resensie Albert Frost Devils & Gods, Beeld, 29 Augustus 2009.

In 2017 het hy 'n SAMA gewen vir Best Rock Album vir The Wake Up.

Van die ander kunstenaars waarmee hy opgetree het sluit in: Koos Kombuis se Hartseerland; Valiant Swart se Vloek van die kitaar en Die Mystic Boer; asook die groep New Porn.Tromspeler wat deur ’n fase gaan, Beeld, 17 Junie 2008.

Diskografie

Met Die Blues Broers

Sharp Street (1995) Been Around (1996) Cellar Tapes (1998) Out Of The Blue (2011) Into The Red (2014)

Met Koos Kombuis

Blou Kombuis (2000) Langpad Na Lekkersing (2016)

Met Frosted Orange

My Love Is A Leopard (2002)

Met Arno Carstens

Another Universe (2004) The Hello Goodbye Boys (2005)

Met Anton Goosen

Padkos (2017)

Solo

Catfish (2002) Devils & Gods (2009) Live In Grahamstown (2013) The Wake Up (2016) Sacred Sound (2021)

Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musikante

Verwysings

Eksterne skakels Albert Frost se amptelike webwerf

Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Lewende mense