duimnael|regs|250px|Die hoofingang in De Boulevardstraat. Hoërskool Silverton, informeel Silvies, is 'n dubbelmedium sekondêre skool in Silverton, in die ooste van Pretoria, die hoofstad van Suid-Afrika. Hoërskool SilvertonSkoolhoofMnr Mathibedi-wa-Medupe (2019–)Gevestig1966Adres122 De Boulevard, Silverton, Pretoria, 0184, Suid-AfrikaLeuse"Soek in die Verlede" – "Learn from the past"Grade8 tot 12DubbelmediumAfrikaans en EngelsBekend asSilvies

Bekende alumni duimnael|regs|250px|Kantore by die hoofingang Frank Opperman, sanger en akteur Karen Meiring, hoof van kykNET Casper de Vries, komediant en akteur

Vakaanbiedings

Grade 8 en 9 Vir graad 8 en 9 leerders bied die skool die volgende verpligte vakke aan:

Engelse leerders:

English Home Language Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Afrikaanse leerders:

English First Additional Language Afrikaans Huistaal

Vakke vir beide Engelse en Afrikaanse leerders:

Wiskunde Lewensoriëntering (LO) Natuurlike Wetenskappe (NW) Sosiale Wetenskappe (SW) Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe (EBW) Tegnologie Kuns en Kultuur

Grade 10 tot 12

Verpligte vakke Lewensoriëntering (vir Afrikaanse sowel as Engelse leeders) Engelse leerders: English Home Language en Afrikaans Eerste Addisionele Taal Afrikaanse leerders: Afrikaans Huistaal en English First Additional Language

Keusevakke wat die skool aanbied Wiskunde of Wiskunde Geletterdheid

Leerders kies ook enige drie (3) van die volgende vakke: Toerisme Sakestudies Rekenaartoepassingstegnologie (RTT) Verbruikerstudies Lewenswetenskappe Geografie Ontwerp Fisiese Wetenskappe* Rekeningkunde* Ingenieursgrafika en Ontwerp (IGO)

(*) Wiskunde is 'n voorvereiste om Fisiese Wetenskappe en/of Rekeningkunde te neem.

2023 "The Leadership Academy" van 2023 was:

President: Mthokozisi Mahamba Vise-President: Ayanda Baddie Vise-President: Nathaniel Taurayi Hoofseun: Tshepang Ledwaba Hoofmeisie: Reneilwe Nkwana

Geskiedenis duimnael|regs|Visie- en missiestelling Die vestiging van 'n paralelle Engels-medium skool het in 2007 met wanorde, swak dissipline en 'n gebrek aan respek teenoor leerkragte gepaard gegaan. In April 2019 het Mnr P. Mathibedi Medupe sy leierskapstermyn by die skool begin, aanvanklik as waarnemende skoolhoof. Hy het voortgegaan om die skool as hoof te lei. 2021 Matriekslaagsyfer: 95% of 104 Silvie-leerders het 2021 se eindeksamen geslaag.https://matricresults.news24.com/2015/school/700220186/student 55,8% het diplomas verkry, 32,7% die baccalareus en 11,5% 'n sertifikaat.

Sport Hoërskool Silverton het in 2019 die Interhoër-atletiek (E-liga) gewen. Die o/19 netbal-meisiesspan het hul liga in 2019 gewen. Die o/14 en o/16 rugby-seunsspanne is deur na die uitspeel vir die Verseker-trofee. Drie meisies, Rozane en Halle-Berry Drywer en Onalenna Ditle is vir die Blou Bulle-damerugbyspan gekies. Tshepo Manyaka is as die beste junioratleet in die Landloopliga aangewys.

Kultuur Silvies leerders kan aan die koor en die junior- of seniorredenaars deelneem. In sommige jare word 'n konsert gehou.

Sosiaal Gedurende die jaar word 'n groot verskeidenheid sosiale aktiwiteite aangebied. Die aktiwiteite word jaarliks gewissel. Dit kan onder meer 'n Pretdag, Valentynsdag, Konsert, Lentedag, Damestee en/of "Colour Festival" insluit.

Verwysings

Eksterne skakels Die skool se webtuiste Facebook-blad: Silverton X: @silviesskitter Instagram: silvies_ss

Kategorie:Skole in Gauteng Kategorie:Geboue en strukture in Pretoria