Tananas is 'n Suid-Afrikaanse jazz musiekgroep wat in 1987 gestig is. Die oorspronklike groepslede is die Mosambiekse Gito Baloi (bas en koor), Ian Herman (dromme en perkussie) en Steve Newman (akoestiese kitaar).
Tananas vermeng klanke vanuit Afrika, Spanje, die Midde- en Verre Ooste wat hulle saamgevat in 'n tipe "township jive".
Die groep het hul debuut in 'n kroeg in Johannesburg in 1987 gemaak.Tananas bied 'n diepe dimensie aan musiek , Die Burger, 27 Mei 1994. Hulle breek in 1993 op, maar het nog af en toe bymekaargekom vir optredes totdat Gito op 4 April 2004 in Johannesburg doodgeskiet is, terwyl hy op pad huis toe was na 'n opvoering in Pretoria.
Lede Die Tananas bestaan uit: Steve Newman, kitaar. Gito Baloi, bas en koor. Ian Herman, dromme en perkussie.
Diskografie Tananas – 1988 Spiral – 1990 Orchestra Mundo – 1994 Time – 1994 Unamunacua – 1996 The Collection – 1997 Seed – 1999 Alive in Jo'burg – 2001
Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musiekgroepe
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Suid-Afrikaanse musiekgroepe