Murat V (Ottomaanse Turks: مراد خامس, moderne Turks: V.Murat; 21/22 September 1840 – 29 Augustus 1904) was van 30 Mei tot 31 Augustus 1876 die 33ste sultan van die Ottomaanse Ryk.

Hy was die seun van Abdülmecid I en het sy oom Abdülaziz opgevolg toe dié van die troon gesit is. Hy het net 93 dae regeer voordat hy afgesit is op grond van geestelike versteurdheid.Palmer, Alan. The Decline and Fall of the Ottoman Empire, 1992. Bl. 141-143.

Sy broer Abdülhamid II het hom opgevolg.

Verwysings 20px|linksHierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Geboortes in 1840 Kategorie:Sterftes in 1904 Kategorie:Sultans van die Ottomaanse Ryk