Selim II (Ottomaanse Turks: سليم ثانى, moderne Turks: II.Selim; 28 Mei 1524 – 12/15 Desember 1574), ook bekend as Selim die Dronklap (Mest), was van 1566 tot 1574 sultan van die Ottomaanse Ryk. Hy was die seun van Süleyman die Manjifieke en Haseki Hürrem Sultan.
Nadat hy die troon bestyg het ná ’n paleisintrige en onmin met sy pa, het hy die eerste sultan geword sonder ’n aktiewe militêre belangstelling; hy het sy mag aan sy ministers oorgedra op voorwaarde dat hy sy plesiere kon najaag.New international encyclopedia, Vol.20, (Dodd, Mead and Company, 1916), 684.
Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Selim II
Kategorie:Geboortes in 1524 Kategorie:Sterftes in 1574 Kategorie:Sultans van die Ottomaanse Ryk