Osman II (Ottomaanse Turks: عثمان الثانى, moderne Turks: Genç Osman, Osman die Jonge; 3 November 1604 – 20 Mei 1622) was van 1618 tot 1622 sultan van die Ottomaanse Ryk.
Hy het op 14-jarige ouderdom die troon bestyg ná ’n staatsgreep teen sy oom Mustafa I. Ondanks sy jeugdige ouderdom het Osman hom gou as heerser laat geld. Konflik het egter tussen hom en die paleiswag ontstaan. Hy is vermoor en Mustafa is teruggeplaas op die troon.
Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Osman II
Kategorie:Geboortes in 1604 Kategorie:Sterftes in 1622 Kategorie:Sultans van die Ottomaanse Ryk