Die Southern Kings was ’n Suid-Afrikaanse rugbyspan wat laastens aan die multinasionale Pro14-liga in 2018–2019 seisoen deelgeneem het, nadat hulle van 2013 tot 2017 aan die Superrugbykompetisie deelgeneem het. Die span is in 2009 gestig om saam te val met die 2009 Britse en Ierse Leeus-toer na Suid-Afrika. Op 12 November 2009 het arbiters van SANZAR die Kings se bod om toetrede tot Superrugby verwerp. Die konsessie is uiteindelik aan die Melbourne Rebels toegeken.

Die konsessie is formeel aangekondig met die opening van die Nelson Mandelabaai-stadion op 16 Junie 2009. Die idee vir die span was om rugby in die Oos-Kaap te ontwikkel maar daar was slegs twee spelers van die span van die Grens in die span wat teen die Leeus gespeel het. Daar was ook bekommernis dat die span ’n een-wedstryd-wonder sou wees en, soos die Southern Spears (sy voorganger), inmekaar tuimel.

Geskiedenis Die Southern Kings was aanvanklik 'n poging om Superrugby na die Oos-Kaap in Suid-Afrika te bring. In 2005 was daar ook ’n poging om dit te bewerkstellig in die vorm van die konsessie wat die Southern Spears genoem is. Die bedoeling was dat hulle van 2007 aan die Super 14 sou deelneem deurdat hulle die swakste van die Suid-Afrikaanse spanne sou vervang. Die waarskynlike insluiting van die Spears het egter tot heelwat kontroversie in Suid-Afrikaanse rugby gelei. In April 2006 is die Spears toetrede tot die Super 14 geweier omdat hulle in ’n ongunstige finansiële toestand verkeer het.

In Januarie 2009 het die Suid-Afrikaanse Rugbyunie aangekondig dat ’n nuwe konsessie in die Oos-Kaap in Junie bekend gestel sou word om saam te val met die koms van die Britse en Ierse Leeus na Port Elizabeth vir een van hul midweek toerwedstryde teen ’n provinsiale span. Die konsessie is geskep met die doel om toetrede tot Superrugby te bewerkstellig maar daar is geen skedule vir insluiting uitgewerk nie. Die president van die Oos-Kaapse Rugbyunie, Cheeky Watson, het gesê dat "daar ’n desperate nood vir top-rugby in die Suidoos-Kaap is en dat dit die eerste stap is om die nood te verlos." Die konsessie is in April 2009 amptelik bekend gestel op SARU se webblad.

In 2012 het die span ’n multi-miljoenrand aanbod van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie aanvaar om sy bod om deelname aan die Superrugbyreeks tot 2012 uit te stel.

Eerste deelname Op 16 Augustus 2012 is bekendgemaak dat die Kings aan die 2013 Superrugbyseisoen gaan deelneem. Die span is ingesluit ten koste van die Lions weens hulle teleurstellende seisoen in 2012. Die Lions het egter die geleentheid gekry om na afloop van die 2013-seisoen in twee promosie/relegasiewedstryde teen die swakste span in die Suid-Afrikaanse groep uit te speel.

Konsessiegebied Die konsessiegebied van die Southern Kings het bestaan uit die Oos-Kaap en dele van die Wes-Kaap. Hulle spelers het van drie provinsiale unies, naamlik die OP Olifante wat in Port Elizabeth gebaseer is, die Grens Bulldogs wat in Oos-Londen gebaseer is en die SWD Arende wat in George gebaseer is gekom. Die Arende verteenwoordig die Suidwestelike Distrikte in die Wes-Kaap, die Olifante verteenwoordig die westelike helfte van die Oos-Kaap en die Bulldogs verteenwoordig die oostelike helfte van die Oos-Kaap.

Seisoenbepalings Superrugby Die volgende tabel som die Kings se Superrugby-uitslae op: {| class="wikitable" |-border=1 cellpadding=5 cellspacing=0 ! width="20"|Seisoen ! width="20"|Pos ! width="20"|Gespeel ! width="20"|Gewen ! width="20"|Gelyk ! width="20"|Verloor ! width="20"|Punte vir ! width="20"|Punte teen ! width="25"|+/- ! width="20"|BP1 ! width="20"|Pte ! width="250"|Notas |- align=center |align=left|2013 |align=left|15de ||16|| 3 || 1 || 12 || 298 || 564 || −266 || 2 || 24 || |} 1 Punte toegeken vir ’n loslootjie is nie hierby ingereken nie.

Die volgende tabel som die Kings se Superrugby-uitslae vir die uitgebreide toernooi van agtien spanne op: {| class="wikitable" |-border=1 cellpadding=5 cellspacing=0 ! width="20"|Seisoen ! width="20"|Pos Alg ! width="20"|Pos Groep ! width="20"|Gespeel ! width="20"|Gewen ! width="20"|Gelyk ! width="20"|Verloor ! width="20"|Punte vir ! width="20"|Punte teen ! width="35"|+/− ! width="20"|BP1 ! width="20"|Pte ! width="250"|Notas |- align=center |align=left|2016 |align=left|17de |align=left|7de || 15 || 2 || 0 || 13 || 282 || 684 || –402 || 1 || 9 || |- align=center |align=left|2017 |align=left|11de |align=left|5de || 15 || 6 || 0 || 9 || 391 || 470 || –79 || 4 || 28 ||

Pro14 {| class="wikitable" |-border=1 cellpadding=5 cellspacing=0 ! width="20"| Seisoen ! width="20"|Pos ! width="20"|Gespeel ! width="20"|Gewen ! width="20"|Gelyk ! width="20"|Verloor ! width="20"|BP ! width="20"|Punte ! width="250"|Notas |- align=center |align=left|2017-’18 |align=left|14de | 21 || 1 || 0 || 20 || 7 ||11|| |- align=center |align=left|2018-’19 |align=left|13de | 21 || 2 || 1 || 18 || 12 || 22 ||

Span Southern Kings 2017 Superrugbyspan: Stutte Schalk Ferreira 12px|Kaptein Justin Forwood Ross Geldenhuys Chris Heiberg Schalk van der Merwe Dayan van der Westhuizen

Hakers Tango Balekile Martin Bezuidenhout Kurt Haupt Mike Willemse

Slotte Irné Herbst Cameron Lindsay Sintu Manjezi Wandile Putuma Mzwanele Zito Losvoorspelers Thembelani Bholi Chris Cloete Christiaan de Bruin Ruaan Lerm Andisa Ntsila Tyler Paul CJ Velleman Stefan Willemse

Skrumskakels Louis Schreuder Ricky Schroeder Johan Steyn Rudi van Rooyen

Losskakels Coyi Banda Lionel Cronjé Pieter-Steyn de Wet Garrick Mattheus Senters Berton Klaasen Neil Maritz Waylon Murray Luzuku Vulindlu

Vleuels Alshaun Bock Siyanda Grey Malcolm Jaer Makazole Mapimpi Wandile Mjekevu Yaw Penxe

Heelagters Chrysander Botha Ntabeni Dukisa Johann Tromp

Britse en Ierse Leeus-toer 'n Uitnodigingspan is gebruik vir die wedstryd tussen die Southern Kings en die Britse en Ierse Leeus in 2009. Begin XV: 15. Tiger Mangweni 14. Wylie Human 13. Frikkie Welsh 12. De Wet Barry 11. Mathew Turner 10. Jaco van der Westhuyzen 9. Francois Hougaard 1. Jaco Engels 2. Derick Kuün (k) 3. Ruan Vermeulen 4. Ross Skeate 5. Marco Wentzel 6. Solly Tyibilika 7. Mpho Mbiyozo 8. Darron Nell Reserwes 16. Delarey du Preez 17. Dean Greyling 18. Lungelo Payi 19. Dries van Schalkwyk 20. Josh Fowles 21. Bevin Fortuin 22. Mzwandile Stick

Southern Kings se 2013 Superrugbyspan was: Stutte Kevin Buys Jaco Engels Schalk Ferreira Grant Kemp

Hakers Hannes Franklin Virgile Lacombe Bandise Maku Edgar Marutlule

Slotte Daniel Adongo Rynier Bernardo David Bulbring Darron Nell Steven Sykes Losvoorspelers Cornell du Preez Jacques Engelbrecht Tomás Leonardi Mpho Mbiyozo Devin Oosthuizen Wimpie van der Walt Luke Watson

Skrumskakels Johan Herbst Shaun Venter Nicolás Vergallo

Losskakels Demetri Catrakilis George Whitehead Senters Ronnie Cooke Waylon Murray Hadleigh Parkes Andries Strauss 12px|Kaptein Scott van Breda

Vleuels Siyanda Grey Michael Killian Sergeal Petersen Marcello Sampson

Heelagters SP Marais Siviwe Soyizwapi Elric van Vuuren

Verwysings

<br/ >

Kategorie:Sport in Port Elizabeth Kategorie:Suid-Afrikaanse Superrugbyspanne Kategorie:Verenigde Rugbykampioenskapspanne