Eli Aflalo, Hebreeus: אלי אפללו, (Casablanca, 8 September 1952) is 'n Israelse politikus van die politieke party Kadima. Tot einde-2005 was hy 'n lid van die Likoed-party. Van Februarie 2003 tot Januarie 2012 was hy 'n lid van die Knesset.
Aflalo het van Maart 2005 tot Mei 2006 ook as adjunk-minister van Industrie, handel en werke in die Sharon II-kabinet gedien en van Julie 2008 tot Maart 2009 as minister van Immigrasie in premier Olmert se kabinet.
Eksterne skakels
Eli Aflalo, webwerf van die Knesset
Kategorie:Israelse adjunk-ministers Kategorie:Israelse Jode Kategorie:Israelse ministers Kategorie:Lede van die Knesset Kategorie:Marokkaanse Jode Kategorie:Ministers van Immigrasie Kategorie:Geboortes in 1952 Kategorie:Lewende mense