Mehmet III Adli (Ottomaanse Turks: محمد ثالث, moderne Turks: III.Mehmet; 26 Mei 1566 – 21/22 Desember 1603) was van 1595 tot 1603 sultan van die Ottomaanse Ryk. Hy was die seun van Murat III, wat hy as sultan opgevolg het.
Mehmet III is selfs in die Ottomaanse geskiedenis berug omdat hy 19 broers en halfbroers laat verwurg het om sy mag te verseker,Quataert, Donald. The Ottoman Empire, 1700–1922, p.90. Cambridge University Press, 2000. Kinross, John Patrick. Ottoman Centuries, p.288. William Morrow & Co., 1977. asook meer as 20 van sy susters. Hy was ’n lui heerser wat die regering aan sy ma oorgelaat het.Kinross, p.288 Die grootste gebeurtenis van sy bewind was die Oostenryks-Ottomaanse Oorlog in Hongarye (1593–1606).
Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Mehmed III
Kategorie:Geboortes in 1566 Kategorie:Sterftes in 1603 Kategorie:Sultans van die Ottomaanse Ryk