Murat III (Ottomaanse Turks: مراد ثالث, moderne Turks: III.Murat; 4 Julie 1546 – 15/16 Januarie 1595) was van 1574 tot 1595 sultan van die Ottomaanse Ryk.
Hy was die oudste seun van sultan Selim II (1566–1574) en het sy pa in 1574 opgevolg. Hy het sy bewind begin deur sy vyf jonger broers te laat verwurg.Marriott, John Arthur. The Eastern Question, (Clarendon Press, 1917), 96.
Sy bewind is gekenmerk deur oorloë met Iran en Oostenryk, ekonomiese agteruitgang en institusionele verval.
Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Murad III
Kategorie:Geboortes in 1546 Kategorie:Sterftes in 1595 Kategorie:Sultans van die Ottomaanse Ryk